Jana Engelbrecht (gr.10) gaan provinsie verteenwoordig by SANESA

Jana Engelbrecht (gr.10) gaan provinsie verteenwoordig by SANESA

Die nasionale skole-perdrykampioenskappe (SANESA) word hierdie jaar by Misty Meadows in Pretoria vanaf 24 tot 28 September aangebied. Die ruiters het tydens vier kwalifiserende byeenkomste gedurende die jaar meegeding. Dié met die meeste punte is gekies om die Mpumalanga-skolespan te verteenwoording. NHS se Jana Engelbrecht (gr.10) is een van die leerders wat Mpumalanga by die kampioenskappe gaan verteenwoordig.