NHS se eerstespan is Mpumalanga kampioene

NHS se eerstespan is Mpumalanga kampioene

NHS se eerste krieketspan het Saterdag, 12 Oktober te staan gekom teen Cambridge Academy van Witbank in die Mpumalanga finaal. NHS het die loot gewen en het besluit om eerste te boul. Hoërskool Nelspruit het reeds in die openingsbeurt die besoekers op die agtervoet gehad met Mathee Joubert en Neil Henning se skitterende vangskote. Cambridge is uitegeboul vir slegs 90 lopies van 34 beurte. Lourens Pëtersen neem 5/5 in 8 beurte.
NHS se kolfbeurt het ook wankelrig begin, toe Cambridge vroeg in hulle boulbeurt twee paaltjies geneem het. Dit was egter Rohan de Meyer en Jacques Vosloo wat vasgestaan het en die wenlopies in die veertiende beurt aangeteken het. Die Nellies speel nou teen die wenner van die Noordwes finaal in die Noordvaal kwartfinaal.