Senior debatspan kán flink dink!

Senior debatspan kán flink dink!

Tydens die Noordstreek uitdunne van Afriforum se Dink of Sink onvoorbereide debat op 16 Augustus te Hoërskool Montana tree NHS as naaswenners uit die stryd teen drie en veertig spanne van vooraanstaande debatskole.

Vyf senior spanne van NHS het het deelgeneem aan die kompetisie, maar spanmaats Milda van Dyk, Jana Ingwersen en Ernst Pieterse het al die ander spanne gewys waar Dawid die wortels gegrawe het. Hulle het tydens die gala-aand die finale debat teen Afrikaans Hoër seunskool gevoer waartydens hulle moes bewys dat om te boikot nie ‘n sinvolle vorm van burgerlike protes is nie.

Na ‘n naelbytstryd is hulle as naaswenners gekroon. Die span se afrigter, advokaat Maritza Uys is trots op die drie Nellies se vermoë om binne vyf minute drie sterk argumente ter stawing van hul standpunt voor te hou in ‘n toespraak van twee en ‘n half minute, waarna ‘n debatsgesprek van sewe minute tussen die twee spanne gevoer word. Hoërskool Nelspruit was in 2017 die nasionale wenners van dié kompetisie en in 2018 die Noordstreekwenners.

Jana Ingwersen, Mev. Maritza Uys, Ernst Pieterse, Mev Magda van der Merwe en Milda van Dyk.