3 Netbalspanne is die beste in Mpumalanga

3 Netbalspanne is die beste in Mpumalanga

Die afgelope naweek het die netbal A-spanne aan die Mpumalanga kampioenskap in Witbank deelgeneem. Dit was bibber koud, maar die aksie op die baan was verby warm! Ons is baie trots op die 15A-, 16A- en 17A-spanne wat as Mpumalanga-wenners gekroon is. Die o/14’s het uitstekend gespeel ondanks twee van hul spelers wat beseer is en het die derde plek ingepalm. Die Panthers het in die finaal teen Secunda na ‘n titaniese stryd met net vier doele verloor en het tweede geëindig. Baie geluk aan die afrigters en spelers vir ‘n uitstekende seisoen!

Hier volg al die uitslae:
14A
Wen Bergvlam 21-0
Wen Hoogenhout 24-2
Wen Witbank 19-2
Wen Steelcrest 22-2
Wen kwart-finaal teen Ermelo 11-9
Verloor semi-finaal teen HS Middelburg 9-20
Wen teen Piet Retief 15-13 en neem posisie 3

15A
Wen Lambalati 21-3
Wen Kanopkop 22-3
Wen Hendrina 25-2
Wen Madlala 29-4
Wen kwart-finaal teen Bergvlam met 21-2
Wen semi-finaal teen HTSM 14-11
Wen finaal teen Secunda 16-10

16A
Wen Curro Nelspruit 24-5
Wen Oosterland 25-1
Wen HTSM 16-10
Wen Steelcrest 32-2
Wen kwart-finaal teen Lydenburg 13-7
Wen semi-finaal teen Hoogenhout 11-10
Wen finaal teen MHS 15-6

17A
Wen Secunda 28-15
Wen Lowveld High 4-0
Wen semi-finaal teen HTSM 25-15
Wen finaal teen MHS 39-24

19A
Wen Mashishing 54-9
Wen Lambalati 45-19
Wen Standerton 47-5
Wen Volksrust 49-4
Wen in kwart-finaal teen Curro Nelspruit 26-18
Wen semi-finaal teen HTSM 20-12
Verloor finaal teen Secunda 27-31