Akademiese en dienslewerings-prysuitdeling 2023: Spesiale toekennings gemaak

Akademiese en dienslewerings-prysuitdeling 2023: Spesiale toekennings gemaak

Op Donderdag 19 Oktober het Hoërskool Nelspruit ‘n baie spesiale akademiese en dienslewerings-prysuitdeling aangebied. Toekennings soos getroue skoolbesoek, vordering op akademiese vlak, hoogste gemiddelde persentasie asook leerders met ‘n sekere gemiddeld deur die jaar, is oorhandig. Beste vakprestasies en die top-10 van elke graad is ook aangewys.

Tydens hierdie geleentheid het die skool ‘n erepenning toegeken aan die baie suksesvolle oudleerling mnr. Gideon Galloway. Hy het matriek in 1995 geskryf en sedertdien sy pad gebaan om die welbekende maatskappy King Price te stig. Die skoolhoof, mnr. Johan Hattingh het ook mnr. Johann du Preez vereer met ‘n spesiale toekenning vir sy betrokkenheid by NHS vir baie jare. Die ‘Hoof se Toekenning’ het aan Johvan de Lange (graad 12) gegaan. Johvan was verlede jaar (tydens sy matriekjaar) in ‘n motorfietsongeluk en was baie ernstig beseer. Hy het deur ‘n lang herstelperiode volhard en het vanjaar na die skool teruggekeer om sy matriekjaar te voltooi.

Dit was ook ‘n spesiale aand vir Neelsie van Dyk (Dux 2022/2023) wat die ‘Cum Laude- en Mees Verdienstelike Leerder’ toekenning ontvang het.

Die volgende spesiale toekennings is gemaak:
MERIETE DUX LEERDER – Geborg deur STABILIS ingelyf
LIZE OOSTHUIZEN

Afrikaans 93% (beste % in graad 12)

Engels 95% (beste % in graad 12)

Wiskunde 92%

Rekenaar toepassings tegnologie 94% (beste % in gr 12)

Toerisme 98% (beste % in graad 12)

Rekeningkunde 91%

Inligtingstegnologie 92% (beste % in graad 12)

Lewensoriëntering 98% (beste % in graad 12)

Haar totale gemiddelde persentasie is 94,4%

CUM LAUDE LEERDER  
NEELSIE VAN DYK
Hierdie toekenning word gemaak aan ‘n leerder wat in VYF kategorieë EREKLEURE verwerf het.
Cornelis verwerf dit in:
AKADEMIE

LEIERSKAP

DIENSLEWERING

KULTUUR

BETROKKENHEID

MEES VERDIENSTELIKE LEERDER 2023 – Geborg deur Kruger and Partners Inc
NEELSIE VAN DYK
EREKLEURE IN AKADEMIE

  • Met ‘n gemiddeld van 89%.
  • Beste VAKPERSENTASIE in Inligtingstegnologie.
  • 7de op TOP TIEN in graad 12

EREKLEURE IN LEIERSKAP
DUX (2022/2023)
Neelsie is beskryf as ‘n flambojante Dux wat sy mede Nellies altyd met hoogs gesofistikeerde woorde en ingeligte opmerkings toegespreek het. Wat egter uitgestaan het van sy leierskap is dat dit nie net by mooi woorde gestop het nie, hy het werklik die BK en Nellies deur sy dade ook gelei. Saam met Niandi Coetzee was hulle ‘n dinamiese span wat uiters hard gewerk het en inisiatiewe gedryf het waarby die hele skool gebaat het. Hy het nooit geskroom om vir die regte redes teen die stroom te swem of om op te staan vir dit wat reg is.

EREKLEURE IN DIENSLEWERING
Dux van Skool se bestuurskomitee en Muurbalkaptein (Puk reeks)

EREKLEURE IN BETROKKENHEID
Cornelis het veral alle kultuur aktiwiteite bygewoon waarvoor jy ‘n passie het. Hy verleen hulp na skool. Hy woon revue oefeninge en muurbal oefeninge getrou by. Sy etiese lojaliteit verdien ook vermelding. Hy stel te alle tye ‘n navolgingswaardige voorbeeld.

EREKLEURE IN KULTUUR

  • 5 jaar lid van die Revue verskeie solo’s.
  • Dink of Sink debat (5de in Noordstreek).
    ATKV redenaars Semi-finale Mpumalanga.
  • Spesiale vermelding in 2022 ATKV.
  • Redenaars Onvoorbereid nasionale wenner.

SPESIALE TOEKENNING – JOHANN DU PREEZ
Ons wil graag aan mnr. Johann du Preez erkenning gee vir die jare wat hy (voor 2012 al) betrokke was by die skool se regsake en waar hy al die werk gedoen het en nooit vir ons eers ‘n rekening gelewer het nie. Behalwe dat hy dit gedoen het, was hy ook vanaf 2003 betrokke by die Palmdraers Trust waar hy die laaste paar jaar as voorsitter opgetree het.  Soos hyself sê – die oudste Pa van die skool.

DIE HOOF SE TOEKENNING – Geborg deur Stabilis ingelyf
JUVAN DE LANGE

EREPENNING
Mnr. Gideon Galloway is die HUB van King Price. Hy het as jong seun reeds op ‘n kerk-kamp gesê dat hy eendag ‘n besigheid gaan bou wat werksgeleenthede gaan skep en dat hy baie geld gaan maak en hiervan gaan weggee. Hy het by NHS as graad 8 begin (destyds nog ‘n skiwwie) in 1991 en hy skryf matriek in 1995.

Hy is universiteit toe, het webwerwe vir besighede  ontwerp, belang gestel  in  e-handel en besighede geregistreer, sy eie ding gedoen. Op 25 begin hy die besigheid funnel co.za wat hy later verkoop aan Ananzi. Daarna het hy en sy funnel vennoot, SA Best (a business-ranking) besigheid begin en hulle eerste miljoen omset gehad.

Na heelwat ander besighede is die gedagte vir King Price gebore. Hy was betrokke by as bemarkingsdirekteur van Telesure, en het gewerk met Auto en General Budget, Dialdirect en ander. Hy het toe ook Hippo begin.

King Price het nie maklik gebeur nie en 4 jaar na sy eerste poging en meer as 40 nee’s van moontlike beleggers begin sy droom realiseer. King Price is in 2012 begin en het ‘n 40% jaar-op-jaar groei getoon. Tans meer as 3,3 biljoen rand werd, 800 werknemers en meer as 140 000 kliënte.

Ons is trots op ons pryswenners en die prestasies wat hulle bereik het. Dit is ‘n bewys van harde werk, toewyding en ‘n bewys dat hulle verskeie uitdagings kan oorkom.