![](https://nelliesh.co.za/wp-content/uploads/2022/06/DSC_0091-Large.jpg)
24 Jun Amper tyd vir die 10de Mozzie-krieketweek
Hoërskool Nelspruit sien daarn uit om tussen 13 en 17 Julie 2022 die 10de Mozzie-skolekriekettoernooi in samewerking met Discovery aan te bied. Dié toernooi is in 2010 begin met net vier spanne wat voorseisoen wedstryde gespeel het. Die Mozzie-week het gedurende die afgelope 10 jaar een van die mees gesogte kriekettoernooie in die land geword en het selfs internasionale spanne na die Laeveld gelok!
Volgens die organiseerder en krieketafrigter van Hoërskool Nelspruit se LVM Eerstes, mnr. Morné van der Merwe, is die doel van die week om voorseisoen-wedstryde te speel en om spanne die geleentheid te gee om finale afronding en moontlike proewe te hou voordat hulle onderskeie ligas begin.
“Ons is baie opgewonde om uiteindelik die 10de Mozzie-krieketweek aan te bied. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om hierdie jaar ‘n groot borg soos Discovery aan boord te hê. Ons sien uit om ‘n dekade van skolekrieket saam met uitnemende spanne te vier.”
Die tien deelnemende skole is: Hoërskool Nelspruit, Bishops College, Hoërskool Centurion, Potchefstroom Gimnasium, Jeppe Boys, Hoërskool Menlopark, Midstream College, Uplands College, Volkskool Potchefstroom en Hoërskool Waterkloof. Die wedstryde sal gespeel word by Hoërskool Nelspruit, Uplands College, White River Country Club en in Skukuza. Al die wedstryde sal regstreeks op SuperSport Schools gebeeldsend word.
Die hoogtepunt van hierdie toernooi is die Tokkie Fourie–Super Over-kompetisie waar slegs een boulbeurt die koring van die kaf sal skei.
Uitslae en nuus sal op Hoërskool Nelspruit se sosiale media beskikbaar wees. Besoek gerus SuperSport Schools vir uitsendings.
Hier is mnr. Morné van der Merwe (organiseerder en afrigter) saam met Paul Harley (Kaptein van die LVM Eerstespan) mnr. Divan Cronje (Discovery), Hannes Feuth (onderkaptein) en mnr. Johan Pretorius (afrigter).
Foto gallery: Van toeka tot nou
- NHS spanfoto van 2014.
- Foto geneem tydens 2015 toernooi.
- Foto geneem tydens 2015 toernooi.
- Foto geneem tydens 2016 toernooi.
- Foto geneem tydens 2017 toernooi.
- Foto van NHS spelers in 2017.
- Mnr. Morné van der Merwe.
- Hier oefen die 2014 groep.
- Foto van die spanne wat in 2019 deelgeneem het.