31 Aug Anésli van Wyk ontvang trofee
Anésli van Wyk (Klas van 2020) het Vrydag 27 Augustus ‘n trofee vir haar 5 jaar deelname aan NHS se revueproduksies ontvang. Anésli was een van die toegewyde matrikulante wat gedurende 2020 hard geoefen het aan Skouspel 2020 wat weens Covid-19 nie plaasgevind het nie.
Hierdie uitdagings en teleurstellings van 2020 het haar nie ondergekry nie. Anésli het getrou geoefen en met ‘n uiters geslaagde oudisie ‘n geleentheid gekry om by die Hope School of the Arts (HAS) in Johannesburg aan te sluit. Hierdie begaafde danser leer nou alles van die uitvoerende kunste by hierdie unieke kunsskool. “Ek leer verskriklik baie en hou die meeste van choreografie,” sê Anésli. Sy hoop om volgende jaar haar drome in New York of Griekeland te gaan najaag.
Hier ontvang sy haar trofee van me. Ezette Mans en me. Hené Swanepoel.
NHS is baie trots op dié Nellie en hou haar vordering met afwagting dop!