Ashley verpletter nasionale en internasionale rekords!

Ashley verpletter nasionale en internasionale rekords!

NHS se jaarlikse vriendskaplike byeenkoms wat op Saterdag 29 Januarie aangebied is, het weer sy kwota puik vertonings gelewer, maar die aanwesiges het sekerlik nie kon dink dat hulle met een van die beste vertonings ooit in die Suid-Afrikaanse skole-atletiekgeskiedenis, getrakteer sou word nie!

Ses skole se bestes het mekaar op die baan en veld die stryd aangesê: Afrikaans Hoër (seuns en meisies) vanaf Pretoria, Rob Ferreira (Witrivier), Ermelo, Lowveld High en  Hoërskool Nelspruit. Vele rekords het, die swaar baan na milde reëns ten spyt, in die slag gebly, maar dit was Nelspruit se Ashley Erasmus (m.17) wat vir die grootste opwinding en spontane toejuiging gesorg het, toe sy die gewigstoot (met die 3kg-apparaat) met ‘n verstommende 18,65m ingepalm het!

Hierdie ongelooflike afstand, het die entoesiaste dadelik na die rekordboeke laat gryp, en die internet is nader getrek, om die omvang van Ashley se puik afstand, in perspektief te kan plaas. In 2021 het Zonnika Lindeque van Gaunteng Sentraal, ‘n pragafstand van 18,18m in die Paarl behaal. Dit was die RSA, Afrika én  Statebond se verste afstand (vir hierdie item) in die geskiedenis. Met haar 18,65m, is die Laeveld se beste veldatleet van alle tye, dus nou die nuwe houer van die nasionale rekord, die Afrika-rekord – en niemand in die ganse Statebond (sluit lande soos Kanada, Jamaica, Australië, Nieu-Zeeland en Engeland in) kon nog ooit ‘n beter afstand as Ashley, haal nie!

Dit is die beste tot op datum in 2022, wêreldwyd, en hierdie 18,65m besorg aan Ashley  die agtste plek op die lys van beste afstande, van alle tye. Vir die interessantheid: In 1993 het Nederland se Corrie de Bruin met ‘n yslike 20,52m losgetrek – die nr.1 poging tot nog toe. Nellies se Ashley Erasmus is dan, met haar nr.8-posisie,  een van die tien bestes in die geskiedenis van wêreld-atletiek – wat ‘n fenomenale prestasie!

Te midde van al die opwinding, het NHS se Jolanke van Zyl ook vir ‘n stukkie geskiedenis gesorg, toe sy die bekende Judith Terblanché se Nellie-rekord in spiesgooi, meisies 19 (600g-spies) wat sedert 1995 op 37,90m gestaan het, na 38,06m verbeter het. Jolanke het in 2021 die eerste NHS-meisie geword wat die spies verder as 40m kon laat grondvat (was met die 500g-spies, m.17) en dit lyk of sy eersdaags ook met die swaarder spies, hierdie prestasie kan herhaal.

Drie verdere prestasies, wat NHS se atlete betref, wat beslis spesiale vermelding verdien, is Ashley se 47,04m in skyfwerp (sy het ‘n week tevore 47,17m gehaal); Vaughn van Zyl wat sy onbetwisbare talent met ‘n stewige 56,92m in skyfwerp, s.15 bevestig het; en Shanese de Clerck se pragtige 1,70m in hoogspring (m.17), slegs 1cm duskant Thelma van Rensburg se rekord van 1,71m.

NHS se aansienlike oes van podiumplekke (eerste drie), is bemoedigend en wys dat daar weer eens vanjaar deeglik met die Nellie-masjien rekenskap gehou sal moet word. ASA-punte bo 700 word aangedui:

Eersteplekke (goud)
Zoë Cilliers (m.14): 100m – 12.84 (814); ook hoogspring – 1,50m (700)
Rhodé Nel (m.19): 100m – 12.29 (825); ook 200m – 26.02 (806)
Simoné Lourens (m.14): 400m – 63.92 (792): ook 300m hekkies – 48.24 (820)
Monique van Zyl (m.14): 800m – 2:33.40 (731)
Sheba Sithole (m.15): 800m – 2:36.93; ook 1500m – 5:14.46 (705)
Shanese de Clerck (m.17): hoogspring – 1,70m (850): verspring – 5,47m (740); en driesprong – 11,16m (751)
Christine Venter (m.16): gewigstoot – 12,75m (860)
Ashley Erasmus (m.17): gewigstoot – 18,65m (1000); en skyfwerp – 47,04m (999)
Zané Nel (m.14): skyfwerp – 33,32m (840)
Chané Strydom (m.17): spiesgooi – 36,64m (752)
Jolanke van Zyl (m.19): spiesgooi – 38,06m (775)
Janco Small (s.15): 100m – 11.81
Marno du Plessis (s.16): 200m – 23.28 (727)
Stefan Coetzee (s.16): 800m – 2:11.89
Owen Ngewya (s.14): hoogspring – 1,55m
Marko Matthee (s.16): verspring – 6,44m (793)
Vaughn van Zyl (s.15): skyfwerp – 56,92m (921); ook spiesgooi – 50, 02m

Tweedeplekke (silwer)
Shanese de Clerck (m.17): 100m – 13.14 (741)
Kaycee Finchem (m.14): 800m – 2:35.14 (717)
Monique van Zyl (m.14): 1500m – 5:21.60
Simoné Lourens (m.14): 90m hekkies – 15.13 (798)
Rojandi Coetzee (m.14): hoogspring – 1,50m (700)
Ninke Mostert (m.15): verspring – 4,60m
Anushka Botma (m.15): verspring – 4,60m
Zané du Toit (m.16): verspring – 4,83m
Lemoni Joubert (m.17): driesprong – 10,09m (*nog m.14)
Zané Nel (m.14): gewigstoot – 12,02m (859)
La-Alizia Venter (m.19): gewigstoot – 10,54m (800)
Juané le Roux (m.15): skyfwerp – 32,72m (814)
Christine Venter (m.16): skyfwerp – 31,26m (774)
Ashley Erasmus (m.17): spiesgooi – 34,92m (723)
Sylvia Barnard (m.19): spiesgooi – 33,01m
Joshua Finchem (s.15): 800m – 2:08.16; ook 1500m – 4:31.25 (730)
Kian Mouton (s.17): 800m – 2:02.39; ook 1500m – 4:23.73 (740)
Alexandré Viljoen (s.19): 800m – 2:04.32
Ruben Vorster (s.17): 110m hekkies – 15.83 (727); ook 400m hekkies – 58.63
Mendel Smook (s.15): hoogspring – 1,70m
Kamagelo Monkwe (s.14): verspring – 5,53m
Jordan Pretorius (s.15): verspring – 5,94m
Vian Louw (s.14): gewigstoot – 13,13m (756)
Vaughn van Zyl (s.15): gewigstoot – 15,27m (850)
Ricardo Correia (s.19): skyfwerp – 38,78m (754)
David Botha (s.16): spiesgooi – 45,53m
Hannes Botha (s.19): spiesgooi – 58,59m (779)

Derdeplekke (brons)
Simoné Lourens (m.14): 100m – 13.52
Arili Boshoff (m.17): 100m – 13.40
Zané Potgieter (m.19): 100m – 13.21 (713); ook 200m – 27.78 (713)
Hayley Cussons (m.15): 800m – 2:46.48
Elizma de Villiers (m.15): hoogspring – 1,45m
Levandi Hough (m.14): verspring – 4,79m
Bianca van Zyl (m.17): verspring – 4,51m
Anushka Botma (m.17): driesprong – 9,91m (*nog m.15)
Carla Schultz (m.19): driesprong – 9,31m
Anja Venter (m.17): skyfwerp – 35,57m (829)
La-Alizia Venter (m.19): skyfwerp – 27,81m
Mieke Raath (m.16): spiesgooi – 24,40m
Janco Small (s.15): 200m – 24.22; ook 400m – 56.76
Ian Wood (s.16): 200m – 23.60 (704)
Lian Antunes (s.14): 400m – 58.20
Kian Mouton (s.17): 400m – 53.60 (716)
Liam Doncaster (s.14): 1500m – 5:04.15
Jayden Enslin (s.14): 100m hekkies – 15.02 (742)
Henlo Schoeman (s.15): 100m hekkies – 15.16 (710); ook 300m hekkies – 44.18
Karl Erichsen (s.17): 110m hekkies – 16.64; ook spiesgooi – 52,49m
Marco Capazorio (s.19): 110m hekkies – 15.38 (775); ook 400m hekkies – 57.22 (757)
Tye Habib (s.14): verspring – 5,47m
Bradley Claasen (s.16): gewigstoot – 12,67m (710)
Ricardo Correia (s.19): gewigstoot – 13,20m (730)
Vian Louw (s.14): skyfwerp – 40,75m (730); ook spiesgooi – 36,38m
Luan van Wyk (s.16): skyfwerp – 34,03m
Ruben Lorist (s.17): skyfwerp – 36,31m

Al kon hulle nie onder die eerste drie eindig nie, kan die volgende atlete ook breed glimlag na goeie vertonings van 700 ASA-punte of beter:
Juané le Roux (m.15): gewigstoot – 11,13m (807)
Anja Venter (m.17): gewigstoot – 11,68m (806)
Lana Botha (m.15): 200m – 28.77 (705)
Cherike Boshoff (m.16): 200m – 28.63 (700)
Arili Boshoff (m.17): 200m – 28.43 (701)
Zané du Toit (m.16): 400m – 65.68 (709)
Zané Potgieter (m.19): 400m – 63.65 (733)
Rebekkah Braack (m.17): 3000m – 12:00.93 (758) (*nog m.14)
Hayley Cussons (m.17): 3000m – 12:17.98 (740) (*nog m.15)
Azelle du Preez (m.15): 300m hekkies – 53.23 (720)
Jessica Nel (m.14): 300m hekkies – 54.51 (707)
Lorraine van Wyk (m.17): 400m hekkies – 75.00 (733)
Rojandi Coetzee (m.14): gewigstoot – 8,79m (711)
Inge Diedericks (m.15): gewigstoot – 10,01m (758)
Lourica vd Merwe (m.15): gewigstoot – 9,37m (727)
Lizzy Strydom (m.16): gewigstoot – 9,75m (733)
Shanré Ehlers (m.16): gewigstoot – 9,57m (725); ook skyfwerp – 30,18m (756)
Telieze Coetzee (m.16): gewigstoot – 9,20m (707)
Megan Wiehman (m.17): gewigstoot – 9,96m (731)
Jolanke van Zyl (m.19): gewigstoot – 8,73m (713)
Jordan Pretorius (s.15): 100m hekkies – 15.22 (705)
André Potgieter (s.19): 100m – 11.23 (701); ook 200m – 22.71 (728)
André van Schalkwyk (s.17): 400m – 53.78 (710)
Alexandré Viljoen (s.19): 400m – 52.87 (713)
Manzi Shiba (s.14): 100m hekkies – 15.28 (722)
Handré nd Merwe (s.19): 110m hekkies – 15.65 (753); ook 400m hekkies – 57.41 (750)
Jacques Bouwer (s.15): gewigstoot – 12,66m (728)
Ryan Venter (s.17): gewigstoot – 12,86m (715)
Andreas Fouché (s.19): skyfwerp – 35,46m (703)

Die uitdunne is grootliks afgehandel, die span begin vorm aanneem – en dis voorwaarts mars na die Laeveld Vriendskaplike Interhoër wat op 26 Februarie 2022 op NHS se terrein plaasvind. Baie sterkte aan ons atlete en hul afrigters!

 

Teks: Mnr. Kobus de Wet
Foto’s: Mnr. Hennie Homann