Atheners wen BUCO Atletiek Interhuis

Atheners wen BUCO Atletiek Interhuis

Die BUCO Atletiek Interhuis by Hoërskool Nelspruit is op Dinsdag, 23 Januarie suksesvol aangebied. Die opwinding het die pawiljoene gevul toe die dirigente die verskillende huise aanmoedig en die atlete op die baan en veld punte op die bord gesit het.

Die matrikulante het in groot getalle deelgeneem. Die Atheners het die spantrofee met ‘n totaal van 1553 punte gewen, gevolg deur die Spartane met 1202 punte en die Trojane met 1183 punte. Die dag was gevul met vele hoogtepunte en geesdrif, en al die deelnemende huise het hul beste gegee.

Baie geluk aan die volgende atlete wat vir hul onderskeie ouderdomsgroepe aangewys is as Victor/Victrix Lodorum van die dag:
Dogters
o/14: Chenade Botma
o/15: Lana Theron
o/16: Zané Nel
o/17: Azelle du Preez
o/19: Zané du Toit

Seuns
o/14: Jacques Winterbach
o/15: Aldo van Jaarsveld
o/16: Menzi Shiba
o/17: Janco Small
o/19: Ian Wood

Baie geluk aan die volgende atlete wat trofees ontvang het vir die beste prestasies van die dag:
Chenade Botma (200m, m.14 – 27.06, 802)
Zané Nel (gewigstoot, m.16 – 13,77m, 898)
Anele Mkontho (400m hekkies, s.17 – 0:50.87, 801)
Jordan Pretorius (verspring, s.17 – 6,90m, 874)