Atheners wen Interhuis swembyeenkoms

Atheners wen Interhuis swembyeenkoms

Hoërskool Nelspruit se interhuis swembyeenkoms het op 18 September by Van Riebeeck Park plaasgevind. Die Atheners het met die oorwinning weggestap en is as die wenspan aangewys met ’n indrukwekkende totaal van 1210 punte. Die Trojane was tweede met 1018 punte, en die Spartane het derde geëindig met 634 punte.
Elke swemmer wat aan die byeenkoms deelgeneem het, het ’n belangrike rol gespeel. ’n Span bestaan nie net uit die swemmers wat eerste plekke behaal nie. Baie dankie aan elkeen wat hul beste gegee het – julle deelname en spanbou en goeie gees maak van julle almal wenners.

Hier volg die uitslae van die dag se beste swemmers:

Victrix en Victor Ludorum

  • o/14 Victrix Ludorum: Minette Swartz – 3 eerste plekke en 2 tweede plekke
  • o/14 Victor Ludorum: Xander Grobler – 3 eerste plekke en 2 tweede plekke
  • o/15 Victrix Ludorum: Anja Buitendach – 5 eerste plekke
  • o/15 Victor Ludorum: Aidan Esterhuizen – 3 tweede plekke en 2 vierde plekke
  • o/16 Victrix Ludorum: Karmen van Rensburg – 4 eerste plekke en 1 tweede plek
  • o/16 Victor Ludorum: Samuel Tryhou – 3 eerste plekke
  • Ope dogters Victrix Ludorum: Esmari Weitsz – 3 eerste plekke, 1 tweede plek en 1 derde plek
  • Ope seuns Victor Ludorum: Neil Burger – 4 eerste plekke en 1 tweede plek

Beste Prestasies

  • Beste prestasie junior dogters: Amoré Oosthuizen – 50m rugslag met ‘n wentyd van 35.15 sekondes en 545 Hy-Tec punte
  • Beste prestasie senior dogters: Karmen van Rensburg – 50m vryslag met ‘n wentyd van 30.02 sekondes en 554 Hy-Tec punte
  • Beste prestasie junior seuns: Christiaan De Klerk – 50m vryslag met ‘n wentyd van 29.33 sekondes en 435 Hy-Tec punte
  • Beste prestasie senior seuns: Neil Burger – 50m vryslag met ‘n wentyd van 25.64 sekondes en 689 Hy-Tec punte

Ander noemenswaardige prestasies

  • JT Venter – 3 eerste plekke
  • Amoré Oosthuizen – 2 eerste plekke
  • Dian Venter – 2 eerste plekke
  • Ciska Ferreira – 1 eerste plek
  • Zoey Du Toit – 1 eerste plek
  • Daniel de Kock – 1 eerste plek
  • Dylan Stoltz – 1 eerste plek

Ons sien uit na die Top Skole Gala wat in Oktober plaasvind. Elke ouderdomsgroep mag vier deelnemers per item inskryf, en al die items is 50m. Hou die spasie dop vir die finale datum – ons sien uit om die palmtak weer te dra!