Atheners wen interhuis-swemgala

Atheners wen interhuis-swemgala

Die interhuis swem-gala, wat oorspronklik op Dinsdag 27 September sou plaasvind, is weens donderweer en reën na die Woensdag uitgestel. Dit het egter nie die deelnemers se entoesiasme gedemp nie. Die Atheners het die kompetisie met ‘n telling van 1235 punte gewen. Die Trojane was tweede met 785 punte en die Spartane derde met 490 punte.

Atheners se kapteine Christo en Lucy met die trofee.

Anja Buitendach het die titel van beste meisieswemmer verdien met die individuele wisselslag met ‘n wentyd van 2:41 en 529 Hy-Tec punte.

Neil Burger het homself as die beste seuns-swemmer van die gala bewys. Sy deelname aan die gala het duidelik getoon dat hy ‘n swemmer van topgehalte is, en sy harde werk en oefening het hom die topposisie in die kompetisie besorg. Sy 50m vryslag wen hy met ‘n tyd van 27:18 en verdien hy 598 Hy-Tec punte.

Hierdie byeenkoms so nie moontlik gewees het sonder die toewyding van die afrigters, ouers en ondersteuners nie. Dankie aan almal wat bygedra het tot hierdie suksesvolle interhuis.

Ander uitslae:
o/14 Victrix Ludorum: Anja Buitendach met 5 eerste plekke.

Mnr. Wian van Wyk saam met Anja Buitendach.

o/14 Victor Ludorum: Rossouw van Wyk met 4 eerste plekke en ‘n 2de plek.

Mnr. Wian van Wyk saam met Rossouw van Wyk.

o/15 Victor Ludorum: Karmen van Rensburg met 4 eerste plekke en ‘n 2de plek.

Mnr. Wian van Wyk saam met Karmen van Rensburg.

o/15 Victor Ludorum: Eben Obermeyer met 5 erste plekke.

Mnr. Wian van Wyk saam met Eben Obenmeyer.

o/16 Victrix Ludorum: Esmari Weitsz met 5 eerste plekke.

Esmari Weitsz saam met mnr. Wian van Wyk.

o/16 Victor Ludorum: Neil Burger met 3 eerste plekke en twee 2de plekke.

Esmari Weitsz saam met mnr. Wian van Wyk.

Ope dogters Victrix Ludorum: Lucy Friedenthal met 5 eersteplekke.

Hier is Wian van Wyk saam met Lucy Friedenthal.

Ope seuns Victor Ludorum: Christo Ferreira met 5 eerste plekke.

Hier is Christo Ferreira saam met mnr. Wian van Wyk.

Geluk aan die Atheners en al die wenners van hierdie jaar se interhuis swem.

 

Foto’s Hennie Homann