22 Oct Atlete benut laaste 2024-byeenkoms voor eindeksamen begin
Dit was wel nie ‘n volle span nie, maar die NHS-atlete wat Saterdag 19 Oktober aan Rob Ferreira se jaarlikse JJJ-byeenkoms op Witrivier deelgeneem het, het vir ‘n mooi oes van podiumplekke gesorg. Met 2025 se interhoër wat op die horison wink, lyk Rob Ferreira se baan en ander geriewe reeds spoggerig en die skoolgemeenskap verdien alle lof vir die harde werk wat reeds aldaar gedoen is om die jaarlikse inter-skouspel, DV ‘n onvergeetlike ervaring te maak.
‘n Soms lastige oostewindjie daar vanaf die wildtuin se kant, het sake soms bemoeilik, maar tog was prestasies van ‘n hoë gehalte aan die orde van die dag. Benewens al die tradisionele interhoër teenstanders, had die Nellies ook die voorreg om met atlete van sterk Hoëveld-skole soos H/S Middelburg en HTS Middelburg kragte te meet. Witrivier se organiseerders het verder ook ‘n paar interessante aflos-items by die program gevoeg, wat vir groot opwinding gesorg het.
Die nuwe APE-puntetabel wat voortaan in die plek van die ou ASA-tabel gebruik sal word, was Saterdag van krag. Baie geluk aan die drie Nellies wat daarin kon slaag om uitstekende punte van 900+ op die nuwe tabel, te verdien! Chenade Botma (m.14) sorg vir ‘n blitsige 12.11 sek. in die 100m – ‘n volle 921 punte werd. Zané Nel (m.16) gooi die 1kg-skyf 39,82m ver (906) , wat ‘n nuwe persoonlike beste vir haar is. Die ‘magiese’ 40m deur ‘n skoolmeisie, wag net om die draai! Staatmaker Zoë Cilliers (m.16) was die vinnigste meisie van die dag, en het 901 punte vir haar vinnige 12.09 sek. in die 100m verdien.
Die volgende NHS-atlete het onder die eerste drie in hul onderskeie items, geëindig. Ongelukkig is APE-punte nie by alle items op die uitslae geplaas nie. Wat wel beskikbaar is, word gegee (punte bo 700):
MEISIES – eersteplekke
Zané Nel (m.16): gewigstoot – 13,45m (886); ook skyfwerp – 39,82m (906)
*Trofee: Beste worpe-atleet, senior meisies.
Mia du Preez (m.14): gewigstoot – 12,81m; ook skyfwerp – 36,79m (897)
*Trofee: Beste worpe-atleet, junior meisies
Alexa van Rooyen (m.15): 90m hekkies – 14.87 (790); ook 300m hekkies – 48.80 (803)
*Trofee: Best hekkiesatleet, junior meisies
Kaycee Fincham (m.16): 800m – 2:29.46 (773); ook 1500m – 5:10.48
Zoë Cilliers (m.16): 100m – 12.09 (901)
*Trofee: Beste naelloper, senior meisies
Chenade Botma (m.14): 100m – 12.11 (921)
*Trofee: Beste naelloper, junior meisies
Simoné Lourens (m.16): 400m hekkies – 65.93 (872)
Diané vd Walt (m.15): gewigstoot – 12,26m (853)
MEISIES – tweedeplekke
Vicky J. van Vuuren (m.16): gewigstoot – 12,28m (840); ook spiesgooi – 28,67m
Sheba Sithole (m.19): 800m – 2:28.28 (775); ook 1500m – 5:16.82
Anushka Botma (m.19): 400m – 63.79 (774)
Layla Wienand (m15): 90m hekkies – 15.26 (764)
Michelle Groenewald (m.19): 100m hekkies – 16.95 (732)
Azelle du Preez (m.19): 400m hekkies – 67.84 (826)
Jessica Badenhorst (m.14): hoogspring – 1,45m
Levandi Hough (m.16): verspring – 4,94m
MEISIES – derdeplekke
Annebelle Badenhorst (m.15): skyfwerp – 25,80m (751); ook spiesgooi – 27,44m
Quinet Swart (m.15): 90m hekkies – 15.80 (730); ook verspring – 4,63m
Simoné Lourens (m.16): 200m – 27.13 (814)
Alexa van Rooyen (m.15): 400m – 65.02 (783)
Zoë J. van Vuuren (m.14): 800m – 2:33.51
Kara du Preez (m.15): 1500m – 5:41.05
Jessica Badenhorst (m.14): 90m hekkies – 15.34
SEUNS – eersteplekke
Dirk-Arnold Joubert (s.16): gewigstoot – 13,75m (768); ook skyfwerp – 40,94m (702)
Ethan Green (s.16): 400m – 52.19 (762)
Joshua Fincham (s.19): 1500m – 4:28.25 (713)
Tye Habib (s.16): verspring – 6,12m (744)
Jacques Winterbach (s.14): gewigstoot – 14,43m
SEUNS – tweedeplekke
Bernard Calitz (s.14): 100m – 11.50 (840)
Ntando Zulu (s.16): 800m – 2:03.46
Michael Venter (s.14): 300m hekkies – 42.59
Eduan Naudé (s.19): 400m hekkies – 59.08 (793)
Jacques Winterbach (s.14): skyfwerp – 44,15m (777)
SEUNS – derdeplekke
Vian Louw (s.16): gewigstoot – 13,12m (739)
Baie geluk ook aan Nellies se gemengde aflosspan (twee seuns, twee meisies) wat ‘n hoogs vermaaklike wedloop in ‘n blink 46.85 gewen het. In die proses, wys hulle hakskene vir Lydenburg (48.36) en Hoogenhout van Bethal (48.40).
Daar was ook talle ander vertonings wat ‘n mens met groot verwagting na die 2025-seisoen laat uitsien.
Om net ‘n paar te noem:
Luka Viljoen (m.14): 100m – 13.21 (806)
Riëtte Botha (m.14): 100m – 13.27 (800); ook 400m – 64.94
Levandi Hough (m.16): 100m – 13.21 (786)
Natasha Groenewald (m.15): 200m – 27.92 (791)
Mieke Pauer (m.14): 800m – 2:34.56; ook 1500m – 5:28.64
Jessica Badenhorst (m.14): 300m hekkies – 49.33
Lua Henning (m.14): 300m hekkies – 49.85
Mienke Fourie (m.14): 300m hekkies – 50.43
Minke Badenhorst (m.14): hoogspring – 1,45m
Danielle van Rooyen (m.14): gewigstoot – 10,19m; ook skyfwerp – 24,04m
Mia Jacobs (m.15): gewigstoot – 10,65m (783)
Diané vd Walt (m.15): skyfwerp – 25,29m (744)
Tye Habib (s.16): 100m – 11.34
Lian Antunes (s.16): 200m – 23.97
Michael Venter (s.14): 100m hekkies – 14.71
Wihan Lambrechts (s.19): 400m hekkies – 60.56 (767)
Charl van Dort (s.14): hoogspring – 1,65m