
16 Mar Beheerliggaam verkies
Posted at 08:50h
in Uncategorized
Hoërskool Nelspruit se nuwe beheerliggaam vir die volgende drie jaar is Maandag 15 Maart 2021 verkies.
Die skool bedank graag die ouers wat hul kruisie kom trek het in belang van u kind.
“Ons het 329 ouers benodig om deel van die kworum uit te maak en daar het 360 opgedaag. Die verkiesing het vlot verloop”, sê me. Gerda Dreyer, organiseerder van die verkiesingsgeleentheid.
Die verkose beheerliggaam vir die 2021-2023 tydperk is:
- Mnr. Louis van der Nest – Voorsitter
- Mnr. Daan de Kock
- Mnr. Marius Nel
- Adv. Maritza Uys
- Mev. Nonnie Grimbeek
- Adv. Patrick Loots
- Mev. Hannelie Pieterse
- Mnr. Rénald Radley
- Mev. Louise Snyman
- Erna Janse van Rensburg – Opvoeder
- Linda Spasimante – Opvoeder
- Ferdi van Wijk – Opvoeder
- Paul Herbst – Nie-Opvoeder
Hartlik geluk en sterkte.