
25 May Bergfietsryers trap dit uit
Die Nellies bergfietsryers is al ‘n geruime tyd hard aan die oefen en neem ook kompeterend aan die Mpumalanga MTB –XCO 2021 deel.
Die eerste resies van die MTB-XCO reeks het op 27 Maart in Middelburg begin. Daarna op 24 April het die deelnemers die MTO Trails te Witrivier trotseer en op 15 Mei het die fietryers by die Eagles View Driving Range dit uitgespook.
Na afloop van die derde byeenkoms sit die Nellies stewig in die saal as voorlopers met 374 punte, Hoërskool Lydenburg in die tweede posisie met 284 punte en Hoërskool Rob Ferreira met 126 punte.
Die laaste byeenkoms vind op 12 Junie te Klipspringer Lodge plaas. Die Nellies sal moet uithaal en wys as hulle na afloop van dié resies die provinsiale wenners wil wees.
Uitslae van 15 Mei se resies:
Anleo Viljoen (junior) 3de
Dillon Botha (junior) 3de
Megan Botha (sub-junior) 2de
Mieke Viljoen (Jeug) 2de
Luan Snyman (Jeug) 1ste
Jean Coetzee (jeug) 3de