Besonderse viering van 40 geseënde jare by NHS

Besonderse viering van 40 geseënde jare by NHS

Op Saterdag, 22 Maart, is ‘n baie spesiale funksie by NHS aangebied om die merkwaardige loopbaan van mnr. Johan Hattingh te vier, saam met vriende, familie en personeel. Mnr. Hattingh het in 1986 by NHS begin werk en was sedert 2018 die skoolhoof.

Tydens die funksie het me. Rina Malan, mnr. Morné van der Merwe en me. Andri Nel gesels oor sy betrokkenheid by wiskunde, sport en die personeel. Die voorsitter, me. Louise Snyman, het namens die BL gepraat, en dr. Louis Swanepoel het namens die gemeenskap ‘n huldeblyk gelewer.

’n Oud-Nellie en gaskunstenaar, Natascha C, het die gehoor bederf met spesiale en geliefde liedjies. ’n Baie emosionele oomblik was toe mnr. Hattingh se oudste dogter, Jana, uit Australië ingebel het en op die groot skerm ook ‘n spesiale boodskap soos haar jonger sussie net voor haar, met haar pa gedeel het.

Die laaste spreukbeurt het aan mnr. Hattingh behoort, waar hy hoogtepunte uit sy loopbaan gedeel en afskeid geneem het.
Die aand is afgesluit met ’n pragtige weergawe van Seënbede, gesing deur ‘n personeelgroep (Kriekie Bekker, Fano Blignaut, Rina Malan, Morné van der Merwe en Rona van Blerk).

Ons is almal opreg dankbaar vir mnr. Johan en me. Desiré Hattingh, wat diep spore by die skool getrap het. Hulle sal altyd die goue draad bly wat deur NHS geweef is. ‘n Legende soos die nimlike mnr Johan Hattingh leef voort in al die leerders, ouers en personeel se harte wat hy altyd hoog geag het.