27 Oct Blommekinders gegroet by dinee
Vroeër hierdie maand het die dogterskoshuis hul jaarlikse dinee gehou met die tema Blommekinders. Die dekor, bestaande uit ’n verskeidenheid blomme en selfs papierblomme, het die eetsaal omskep in ’n blommeprag. Tydens hierdie spesiale geleentheid het die prysuitdeling plaasgevind, en daar is ook afskeid geneem van die graad 12-inwoners.
Die gaste is bederf met ’n smaaklike maaltyd en vermaak deur die musikale talent van twee onderwysers, mnr. Fano Blignaut en me. Rona van Blerk.
Baie dankie aan al die ma’s wat hard gewerk het om die dinee ekstra spesiaal te maak vir die dames met finesse. Baie geluk aan elkeen wat ‘n toekenning ontvang het.
Pryswenners:
Mej Huis Maré: Liemoni Joubert
Pretium: Carli van Rooyen
Barista: Jane Taljaard
Top Akademie – Graad 8: Lara Janse van Rensburg
Top Akademie – Graad 9: Ydene Smith
Top Akademie – Graad 10: Nadia Lorist
Top Akademie – Graad 11: Sarita Ahlers
Kultuur – Senior: Ronel Basson
Kultuur – Junior: Mia Basson
Sport – Senior: Jessica Nel
Sport – Junior: Anja Buitendach
Graad 8 van die jaar: Malandra Ndlovu
Graad 12 van die jaar: Melize Lindeque
Dame met finesse: Mienke de Ruiter
Koshuisouertoekenning: Werné Nolte