30 Jul Con Spirito Mpumalanga rondte gons in die Kletsklas
Dit het behoorlik in die Kletsklas gegons op Maandag 22 Julie toe die provinsiale rondte van Con Spirito Debat op ‘n hoë noot om 10:00 begin het met Nellies se juniors (gr.8&9) teen Hoërskool Ermelo se spanne. Die juniors het geargumenteer of Formele eksamens in Suid Afrikaanse skole afgeskaf moet word, waarna die seniors ingeval het met hulle onderwerp Emigrasie bied die beste toekoms vir jong Suid Afrikaners. Die Nellies en die Erries se bekgevegte het laatmiddag tot ‘n einde gekom met die twee gesoute beoordelaars, adv.Gustav von Bratt en mev. Erika van Rensburg se komplimente aan NHS vir mooi fasiliteite en aan al die debatteerders vir hul deelname. Rohann Schultz in graad 11 het as die voorsitter van die kompetisie opgetree en is deur die beoordelaars geloof vir sy uitsonderlike leierskap in die vertrek. NHS wil ook graag vir adv. Maritza Uys bedank vir haar volgehoue afrigting van spanne en ondersteuning aan Nellies debat.
Hier volg die uitslae van die kompetisie:
- NHS juniors wen 3 van die 5 debatte en die seniors 1 van die 3 debatte teen Ermelo.
- Die debatspanne van NHS wat deurdring na die semifinaal by Hoërskool Garsfontein op 30 en 31 Augustus is:
- Juniors: Ude van Veenhuyzen en Ian Macdonald
- Seniors: Kirsten Lea en Pedrie Claassens