CTM Nelspruit hou fiësta saam met die eerste dogtershokkiespan

CTM Nelspruit hou fiësta saam met die eerste dogtershokkiespan

Op 25 April is die rooi tapyt by Duet Café vir ‘n baie spesiale funksie vir die eerste dogtershokkiespan uitgerol. Die gaste is bederf met ‘n Meksikaanse aand met al die kos en vrolikheid wat met so ‘n tema gepaard gaan. Tydens die geleentheid is CTM Nelspruit bedank vir hul borgskap en betrokkenheid by die Black Sticks.

Die afrigter, Charlotte Gericke het die kaptein, Cherise van Duyker, en onderkaptein, Jessica Berry, bekendgestel en vir elkeen hulle baadjies vir die seisoen oorhandig. Daarna het die ouers die geleentheid gekry om ‘n seënwens oor elke speler uit te spreek. Die afrigters en kapteine het aan die spelers hulle baadjies oorhandig. Dit was ‘n baie spesiale geleentheid wat die dogters en hulle ouers vir lank sal onthou.