Cyril Clarke se matrikulante gereed vir rekordeksamen

Cyril Clarke se matrikulante gereed vir rekordeksamen

Op Maandag 16 Augustus het mnr. Bertus Steyn (adjunkhoof) die matrikulante van Cyril Clarke gaan moed inpraat vir die komende rekord- en eindeksamen.

Die matrikulante van 2021 is ook erg geraak deur die Covid-19 pandemie en het met vele uitdagings vir die eksamen voorberei. Cyril Clarke Sekondêre skool se skoolhoof, me. TC Masondo, het dit goedgedink om die leerders op koers te kry met ‘n bietjie motivering.

Mnr. Steyn het met die groep leerders gesels oor handige wenke om te gebruik om te studeer en oor wyshede soos hoe belangrik dit is om jouself te omring met vriende wat jou kan bemoedig en ondersteun.

NHS hoop dat elke leerder gedurende hierdie tyd gesond sal bly en tot die beste van sy of haar vermoë die eksamens sal aflê.