Dames hang aan Willem Botha se lippe

Dames hang aan Willem Botha se lippe

Hoërskool Nelspruit se skoolsaal was Woensdag 24 Mei stampvol met dames van die Laeveld.
Daar het 300 dames die Willem Botha grimeringmeesterklas bygewoon. Me. Hené Pieters het hierdie geleentheid as ‘n fondsinsameling vir die skool se revue gereël.
Die vroue het aan Willem se lippe gehang toe hy vertel het van hoe Willem Botha Beauty tot stand gekom het en soveel meer toe hy me. Chené Basson begin grimeer het en sommer baie tegnieke en wenke met die gehoor gedeel het.
Hierdie ongelooflike funksie het nie net die doel bereik wat die organiseerders voor gehoop het nie, maar ook weer ‘n geleentheid geskep waar dames bymekaar kon kom en lekker kuier.
NHS bedank graag elke borg wat betrokke was by hierdie funksie, die gasvrouens wat omgesien het na hul tafels, Willem en sy span en elke dame wat hierdie meesterklas bygewoon het.