Die Buco Eagles ontvang eerstespanklere

Die Buco Eagles ontvang eerstespanklere

Op Vrydag, 12 April 2019 is ‘n klere-oorhandigingsfunksie vir die eerste seunshokkiespan of beter bekend as die Eagles gehou. Tydens die spesiale geleentheid het die afrigter, mnr. Jaco Smith, elke speler aan die ouers bekendgestel en het ook saam met mnr. Pottie Potgieter van Buco, die hoofborg van vanjaar se klere, die oorhandiging waargeneem. Mnr. Smith het ook al die borge, Buco, Kishugu en JEV Petroleum en die ouers hartlik bedank vir hulle getroue ondersteuning. Die spelers en hulle ouers het die gesellige aand wat gepaard gegaan het met heerlike mosselsop, sushi en soethappies wat deur die seuns voorberei en bedien is, saam geniet. Nog ‘n hoogtepunt van die aand was die aankondiging van die kaptein, Dieter Süllwald. Die 2015 Eagle-kaptein, Hannes Geldenhuys, het die gelukwensing behartig.
Die afrigter en span is dit eens dat hulle doelgerig en gefokus die seisoen saam gaan aanpak.