11 Aug Die groot wag is verby!
NHS se revueproduksie, Skouspel 2021, se première vind op Saterdag 21 Augustus plaas.
Koop ‘n kaartjie aanlyn, trek jou gemakstoel nader en maak seker jy het die springmielies gereed, want jy gaan nie ‘n oomblik van hierdie vertoning wil misloop nie!
Die vertoning spog met treffers soos Voel jy die genade van Jo Black en Raak vir my rustig van Snotkop en opwindende danspassies wat deur Signature Performing Arts & Theatre Technology gechoreografeer is.
Die vertoning sal slegs vir een aand (Saterdag 21 Augustus) regstreeks gestroom word. U kan ‘n kaartjie teen R249 koop wat u sal toelaat om die produksie op u slimfoon, tablet of ‘n televisieskerm te kyk. Al wat u benodig, is ‘n internetkonneksie en die digitale kaartjie wat aanlyn te koop is.
Indien u graag die vertoning op ‘n ander tydsgleuf wil kyk, kan u ‘n kaartjie teen R499 koop wat dan ook vir u toegang sal gee tot Skouspel 2017, 2018 en 2019.
Kaartjies kan hier gekoop word: www.skoolproduksies.co.za
Nadat u betaal het vir die opsie van u keuse, sal u ‘n e-pos ontvang met al die inligting asook u persoonlike skakel na die stroombladsy. Hierdie e-pos dien dan as u toegang tot die stroom.
Ons sien uit om NHS se 25ste revueproduksie met u te deel!