Die spens is vol!

Die spens is vol!

Die graad 8’s het blikkieskos ingesamel vir die ondersteuningsdienste se spens. In ruil vir ‘n blikkie kos het die leerders die geleentheid gekry om jeans en bling te dra. ‘n Groottotaal van 2721 blikkies is ingesamel. Juffrou Riana Blom (Graad 8 Voog) sê sy is baie trots op die graad 8 VLR wat die projek gedryf het.

Hierdie leerders het die meeste blikkies ingesamel: Ian van Rooyen (3de plek), Rico Nel (2de plek) en Eben Terblans saam met Lomon Basson (in eerste plek). Hier staan hulle saam met mnr. Johan Hattingh.

Hier is die wenklas – Graad 12G. Baie dankie aan mnr. Jaco dos Santos van Chippos wat die pizzas geskenk het.