12 Oct Dink of Sink Debat
Drie junior en drie senior NHS-debatspanne het op 14 September aan die onvoorbereide Dink of Sink debatskompetisie van Afriforum by Hoërskool Montana teen die beste Gauteng-debatskole deelgeneem.
In drie uitkloprondtes met twee bene elk het die twee spanne met die meeste punte uit die 30 deelnemende spanne in die finaal teen mekaar deelgeneem om as wenner van die Noordstreek gekroon te word en wat dan weer deurgedring het na die nasionale finaal. In die junior afdeling het Helpmekaar Kollege vir Afrikaans Hoër Meisieskool gewen. Junior onderwerpe waaroor daar onvoorbereid oor gedebateer moes word, was onder andere: Boelies moet permanent uit skole geskors word, ‘n ouderdomsbeperking van 18 moet op die gebruik van TikTok ingestel word en skoolhoofde moet ‘n demerietestelsel/detensiesisteem instel vir onderwysers wat verkeerd optree.
NHS se juniors het soos volg presteer:
7de: Divan de Kock, Karla du Toit, Nina Prinsloo (Gr.9)
12de: Kirsten Lea, Rohann Schultz, Clarissa Botha (Gr.9)
18de: Zoe Coetzee, Callie Mare, Pedrie Claassens (Gr.9)
In die senior afdeling het Afrikaans Hoër Meisiesskool met Afrikaans Hoër Seunskool in die finaal afgereken. Senior onderwerpe waaroor daar gedebateer moes word, was onder andere: Protesbewegings moet verban word, SA se staatsdiens is te groot en skep die gevaar van ‘n fiskale afgrond.
NHS se seniors het soos volg presteer:
5de: Niandi Coetzee, Berno Venter, Neelsie van Dyk (Gr.11)
11de: Marelize van Niekerk, Brenton Eastes, Rosemarie Oberholzer (Gr.10)
19de: Bianca Knobel, Luhan van Wyk, Karli Matthee (Gr.10)