DNATel skenk skryfbehoeftes

DNATel skenk skryfbehoeftes

Me. Nicolette Pruis, gesoute maatskaplike werker van NHS, het namens die skool se ondersteuningsdienste donasies van skryfbehoeftes van DNATel ontvang. DNATel het hierdie wonderlike inisiatief geneem om skryfbehoeftes in te samel vir behoeftige leerders in die Laeveld. Te danke aan die onbaatsugtige bydraes van die Laeveld-gemeenskap is daar genoeg skryfbehoeftes sodat baie  leerders nie meer hoef te sukkel met skoolwerk omdat hulle nie die nodige skryfbehoeftes kan bekostig nie.

Hoërskool Nelspruit se ondersteuningsdienste is altyd bereid om te help waar daar nood is. NHS ploeg ook graag terug in die gemeenskap en deur middel van die Nellies-Omgee-projek reik die skool uit na skole wat soortgelyke behoeftes het. Indien u graag ‘n donasie wil maak of net betrokke wil wees by ‘n uitreik, kontak gerus NHS se bemarkingskantoor.