Eerste atletiekskote klap na winter-rus

Eerste atletiekskote klap na winter-rus

Verlede Woensdag (4 September) se middagbyeenkoms wat deur Lowveld High aangebied is, is goed deur NHS se atlete ondersteun. Tesame met Lowveld se bestes, asook ‘n klompie atlete van Rob Ferreira, het die atlete die ideale geleentheid gehad om, sonder enige kompetisiedruk, die winter-roes af te skud en weer aan die gang te kom.

Daar is ook in die hoër ouderdomsgroepe, soos vir 2020, meegeding. Dit het bv. beteken dat van die worpe-atlete, vir die eerste keer met die swaarder implemente moes deelneem – iets wat nogal ‘n redelike uitdaging gebied het! Nietemin was daar genoeg om, op hierdie vroeë stadium, oor opgewonde te raak.

NHS se Afrika-medaljewenner en nasionale kampioen, Douw Kruger, is een van die manne wat met die swaarder gewig (van 5kg na 6kg) en werpskyf (was 1,5m, nou 1,75m) sy slag moes wys. Sy wenpoging van 16,78m (gewigstoot) is die eerste 16m+ wat sedert die dae van Marnus vd Merwe (2015), gesien is – en dit dui op veel groter afstande wat te wagte kan wees! Ook Douw se 44,21m in skyfwerp (was sy enigste, wettige gooi van die dag) lyk heel belowend.

Hou gerus ook vir Zander van der Merwe dop! Hy is die huidige SA-skolekampioen (seuns 17) en het met ‘n stewige 55,84m, sy rekening met die senior spies (800g) geopen. Hannes Botha (volgende jaar nog onder 16) het eweneens met ‘n uitstekende 53,25m (seuns 17) gewys dat hy die oorskakeling van die 600g – na die 700g-spies, vinnig bemeester het.

Onder die meisies, was die bekende Ashley Erasmus, in die afdeling vir meisies 15, ook vroeg reeds op haar stukke. Haar skyfwerp-afstand van 39,98m is van meet af reeds nasionale gehalte. Ook Anja Venter (28,87m) lyk reg vir die nuwe seisoen. Spiesgooier Lize Oosthuizen (tans nog in gr.8) se mooi afstand van 31,20m het gewis ook die aandag getrek.

Die baanatlete het hul eerste mededinging in ongewone items soos 80m, 150m en 600m gehad, terwyl daar ook ‘n paar mylwedlope plaasgevind het. ‘n Hele paar van die ander uitslae, wys beslis dat die Nellies lus is om weer met blink vertonings vorendag te kom!
Om net ‘n paar te noem:

Davico Kruger (s.15): gewigstoot – 11,36m; ook spiesgooi – 36,22m
Karl Erichson (s.15): gewigstoot – 11,32m; ook skyfwerp – 35,58m; en spiesgooi – 41,14m
Ruben Vorster (s.15): verspring – 5,09m
Ruan Pretorius (s.15): hoogspring – 1,70m; ook verspring – 5,00m
Ryno Meyer (s.15): skyfwerp – 37,96m
PJ Charles (s.15): skyfwerp – 32,45m
Heino Meiring (s.15): spiesgooi – 37,98m
Charles Nel (s.15): 80m – 10.60sek.
Janus Swanepoel (s.17): gewigstoot – 12,66m; ook skyfwerp – 31,59m
Philip Vogel (s.17): spiesgooi – 45,28m; ook hoogspring – 1,70m; en skyfwerp – 31,19m
Hendrik Dreyer (s.17): spiesgooi – 44,89m
Handré vd Merwe (s.17): 150m – 17.39sek.
Marco Capazorio (s.17): 150m – 17.84sek.
Henko de Nyschen (s.19): 150m – 16.79sek.; ook 80m – 9.42sek.
Marvin Mtethwa (s.19): 150m – 17.41sek.; ook 80m – 9.41sek.
Ashley Erasmus (m.15): spiesgooi – 30,20m
Lioné Fouché (m.15): spiesgooi – 25,86m
Mia Steenkamp (m.15): 150m – 21.12sek.; ook 600m – 1:47.78
Danielle Groenewald (m.15): 80m – 10.84sek.
Zané Potgieter (m.15): 150m – 20.80sek.
Karien Goosen (m.17): verspring – 4,73m; ook 600m – 2:04.15
Inge Meyer (m.17): verspring – 4,57m
Shana Scott (m.17): skyfwerp – 30,96m
Melissa Badenhorst (m.17): skyfwerp – 25,35m
Sylvia Barnard (m.17): spiesgooi – 30,66m
Jolanke van Zyl (m.17): spiesgooi – 25,34m
Zimari Leuvennink (m.17): 600m – 2:00.98
Rhodé Nel (m.17): 150m – 19.72sek.
Jana Engelbrecht (m.17): 150m – 20.30sek.
Nicolize Aucamp (m.17): 150m – 20.42sek.
Nicci Viljoen (m.17): 150m – 20.77sek.
Christa Schutte (m.19): verspring – 4,08m
Lané Taljaard (m.19): hoogspring – 1,45m
Chantel Olivier (m.19): hoogspring – 1,45m
Luka Swanepoel (m.19): hoogspring – 1,45m
Tayla Kotzee (m.19): 80m – 11.08sek.; ook 150m – 20.83sek.

Met hierdie afskop-byeenkoms agter die rug, kan NHS se atlete wat tans hard aan die oefen is, uitsien na ‘n vol voorseisoen-program. Volgende aan die beurt, is natuurlik ons eie, tuisbyeenkoms (12 September), wat gevolg word deur die opwindende nuwe Twizza Top 30 (te Tukkies se stadion), Daarna die jaarlikse Top 20-byeenkoms op Mookghopong (4/5 Oktober); die Laeveld Ope (9 Oktober); Potchefstroom se Top 30-byeenkoms; en dan word die voorseisoen afgesluit met Rob Ferreira (Witrivier) se jaarlikse Triple J-byeenkoms van 19 Oktober.

Baie sterkte aan al die atlete en hul toegewyde afrigters!