22 Sep Eerste atletiekskote klap na winterverposing
Hoërskool Nelspruit het op Donderdag 15 September gasheer gespeel, toe entoesiastiese atlete van NHS, Rob Ferreira, Lydenburg, Lowveld High, Curro Nelspruit en Laerskool Nelspruit, die winter-roes kom afskud het. Die byeenkoms het as die Blitz-reeks A – program bekend gestaan. Die opwinding waarvoor 2022 se groot internasionale byeenkomste (Wêreld Senior en Junior kampioenskappe, asook die Statebond Spele) gesorg het, het duidelik deurgesuur en die jongelinge lyk lus vir aksie!
Met wintersport wat nou op vele terreine ook 7’s – toernooie aanbied, asook krieketbepalings wat die leerlinge besig hou, is daar nog talle atlete wat elders betrokke is. Tog het die byeenkoms ‘n klompie uitstekende uitslae opgelewer, wat daarop dui dat ‘n opwindende voorseisoen-program op die atletiekentoesiaste wag.
Donderdag se program het vir bepaalde items vir seuns en meisies 13, 15, 17 en 19 voorsiening gemaak. Die meeste atlete het in ‘n hoër ouderdomsgroep (waarin hulle in 2023 sal meeding) deelgeneem. Wat die baanitems betref, het veral twee laerskooldogters (m.13) die oë laat rek. Lana Theron van Laerskool Nelspruit (100m, 13.13 – 829 ASA-punte; ook 200m, 27.10 – 846) en 300m hekkies, m.15 – 51.50 (752); en Curro se Syanda Xaba (100m, 13.16 – 826; en 200m – 27.39 – 829) is voorwaar twee skitterblink sterretjies op die atletiekhorison, van wie nog baie in die toekoms gehoor gaan word! Wat die seuns betref, het Rob Ferreira se Syabona Masina die 200m, s.17 in ‘n goeie 22.49 afgeblits (781 punte), wat die beste baanprestasie was. Hy wen ook die 100m in 11.12 (758).
Tussen die uitslae by die velditems, trek twee prestasies bo 800 punte, dadelik die aandag. NHS se Christine Kruger (m.17) het die 3kg-gewig op 12,34m (832) laat grondvat; en die bekende Zané Nel (m.15) se 32,89m in skyfwerp (817) is ‘n baie belowende aanloop tot haar jaar as onder 15 – atleet. Nellies se Vian Louw (s.15) het ‘n goue driekuns behaal, toe hy eersteplekke in gewigstoot (13,39m – 763), skyfwerp (42,23m – 740) en spiesgooi (44,10m) behaal het.
Benewens bogenoemde prestasies, verdien van die ander uitslae, beslis ook vermelding (NHS, tensy anders aangedui):
SEUNS
Menzi Shiba (s.15): 300m hekkies – 41.82; ook verspring – 5,93m
Rikhotso Mbuyelo (Curro, s.19): 100m – 11.07 (736); ook 200m – 23,07 (710)
Kgotso Machete (RF, s.17): 1000m – 2:43.78
Kian Mouton (s.17): 1000m – 2:47.28
Eduan Naudé (s.15): 1000m – 2:55.79
Wezile Madonsela (Lowveld, s.15): 100m – 11.38 (750); ook 200m – 23.25 (755)
Gabriel Kunene (RF, s.19): 100m – 11.17 (720)
Aldo van Jaarsveld (LN, s.13): 100m – 12.13 (720); ook verspring – 5,65m (796); en hoogspring – 1,60m (780)
Karl Erichsen (s.19): spiesgooi – 48,41m
Jacques Bouwer (s.17): spiesgooi – 50,00m
Damian Hough (RF, s.17): gewigstoot – 13,56m (749)
Marko Matthee (s.17): verspring – 6,44m (737)
Nathan Cooper (Curro, s.15): verspring – 5,98m (713)
Tye Habib (s.15): verspring – 5,96m (706)
Kamo Monkwe (s.15): verspring – 5,65m
Katlego Mofokena (RF, s.15): hoogspring – 1,75m (700)
MEISIES
Livvy Owen (m.17): 300m hekkies – 49.49
Simoné Lourens (m.15): 300m hekkies – 51.22 (757); ook 100m – 13.62 (716)
Azelle du Preez (m.15): 300m hekkies – 52.72 (731)
Xi-Ané Roets (LN, M.13): 1000m – 4:05.10; ook 2000m – 9:45.50
Haley Cussons (m.15): 1000m – 3:32.43
Menique van Zyl (m.15): 1000m – 3:33.50
Sybone Hanekom (LY, m.15): 1000m – 3:40.13
Erin Merensky (RF, m.17): 100m – 13.10 (752); ook 200m – 28.36 (709); en verspring – 4,97m
Mariam Moshood (Curro, m.17): 100m – 12.93 (772); ook 200m – 28.45 – 705)
Angelica Graham (m.17): 100m – 13.43 (715); ook 200m – 28.47 (704)
Sinenhlanhla Mnisi (RF, m.15): 100m – 13.36 (744); ook 200m – 28.43 (726)
Nicolene Olivier (LY, m.15): 100m – 13.47 (732); ook 200m – 28.76 (711)
Levandi Hough (m.15): 100m – 13.66 (712); ook verspring – 4,71m
Charné Strydom (m.19): spiesgooi – 34,81m (720)
Mia de Clerck (m.15): spiesgooi – 27,45m
Liemoni Joubert (m.15): verspring – 4,89m
Setha Mathebula (RF, hoogspring – 1,50m
Chiané Louw (LN, m.13): skyfwerp – 24,19m
Die Blitz B – byeenkoms, vind op Donderdag 22 September, ook by Hoërskool Nelspruit, plaas.
Kopie: Mnr. Kobus de Wet