15 Sep Eerste krieketspan wen drie in ‘n ry
Die LVM-eerste krieketspan het ‘n ‘driekuns’ behaal die afgelope week.
Die eerstespan het Donderdag 8 September die eerste van drie 50-beurt wedstryde teen HTS Middelburg te Middelburg gewen.
Die Nellies het met die boulwerk geopen en na die 21ste beurt het HTS Middelburg net 96 lopies vir die verlies van 6 paaltjies aangeteken. Met ‘n skitterende kolfbeurt deur Wian het die span uiteindelik ‘n goeie teiken van 212 vir NHS gestel. NHS het gelydelik lopies op die telbord geplaas met DW van Rooyen wat ‘n skitterende 50 geslaan het. Dit was ‘n tawwe wedstryd tot aan die einde, maar uiteindelik is dit die besoekers wat met twee paaltjies seëvier.
Die volgende dag het Hoërskool Nelspruit te staan gekom teen Hoërskool Middelburg. Die keer open NHS met die kolf. Nathan Duncan het ‘n uitstekende kolfbeurt en maak 113 lopies met die span wat altesaam 307 vir 9 in 50 boulbeurte aanteken.
Middelburg het goed begin en het reeds na die 37ste boulbeurt 186 vir net 5 paaltjies op die telbord gehad. Op hierdie stadium was dit nog enige span se wen. Maar met goeie veld- en boulwerk het NHS met 59 lopies gewen.
Die derde wedstryd speel NHS tuis teen Ermelo. Die besoekers het eerste gekolf en kon not 70 lopies aanteken. Die Nellies steek hierdie telling vinnig verby en wen met 9 paaltjies.
Die span oefen nou hard vir die superliga-finaal wat eersdaags plaasvind.