Fees van rekords by NHS se prestige atletiekbyeenkoms!

Fees van rekords by NHS se prestige atletiekbyeenkoms!

Na die groot teleurstelling die vorige week, toe die Affies-byeenkoms in Pretoria, weens swaar reën afgestel moes word, was NHS se atlete uitgehonger om hul peil van afrigting en fiksheid teen van ons land se sterkste spanne te meet. Dit was presies wat die Nellies op Saterdag 12 Februarie op hulle tuisbaan en -veld bevoorreg was om te geniet, toe Menlopark (in 2021 as RSA se sterkste atletiekskool aangewys) en Noordheuwel (vanaf Krugersdorp, ook een van die top-spanne in die land) Laeveld toe gereis het om te probeer om die Nelspruiters te kom wys waar Dawid die wortels gegrawe het.

As na die magdom nuwe baanrekords gekyk word, het die besoekers dan ook in ‘n groot mate daarin geslaag, maar in talle items het hulle, hulle deeglik teen die bekende Nellie-‘guts’ vasgeloop! Te midde van uitslae wat in talle items selfs op nasionale en internasionale standaard was, het ‘n groot aantal van NHS se interhoër-atlete met pb’s (persoonlike beste) te voorskyn gekom en bewys dat hulle sterk op pad na nog ‘n Laeveld-kroon is.

Aan die einde van die byeenkoms, is trofeë toegeken aan die beste prestasies van die dag, baan en veld, asook die beste atleet in elke ouderdomsgroep. Vir laasgenoemde, is die atleet se ASA-punte in sy/haar beste drie items, bymekaar getel. NHS spog met ses van die tien toekennings in hierdie afdeling – uitstekend in sulke uitgelese geselskap! Die bekroondes is: Simoné Lourens (m.14), Ashley Erasmus (m.17), Rhodé Nel (m.19), Vaughn van Zyl (s.15), Kian Mouton (s.17) en Marco Capazorio (s.19). Ashley (senior meisies) en Vaughn (junior seuns) het ook die trofeë ontvang vir beste prestasie in velditems.

In haar finale skooljaar, het Rhodé Nel (m.19) ‘n skitterende driekuns behaal, deur in die 100m (12.13), 200m (25.06 ) en 400m (57.01) die beste wat Menlo en Noordheuwel kon bied, gemaklik ore aan te sit. Haar tyd in die 100m, is die vinnigste wat ‘n meisie van NHS nog ooit kon aanteken, en verbeter die stokoue huishoudelike rekord van Marlies Weich (12.20, in 1979 opgestel). Ook me Weich se 400m-rekord van 57.20 (ook in 1979 opgestel) het voor Rhodé se uitstekende 57.01 sek. geswig. SA-kampioen Ashley Erasmus (m.17) het weer eens bewys dat sy ‘n sterk aanspraakmaker op twee titels by vanjaar se nasionale jeugkampioenskappe sal wees. Haar wenafstande van 17,79m (gewigstoot) en 47,28m (skyfwerp, nuwe Nellie-rekord) is nog nie vanjaar deur enige ander atleet in haar ouderdomsgroep, oortref nie. Sy verwerf dan ook ‘n voltal van 1000 ASA-punte vir beide vertonings – werklik merkwaardig! Shanese de Clerck het haar eie rekord in verspring, m.17 geëwenaar, toe sy ‘n pragtige 5,72m gehaal het. Lig ook die hoed hoog vir ‘skiwi’ Simoné Lourens, wat Carmen Cronjé se rekord van 47.85 in 300m hekkies (m.14) met ‘n puik tyd van 47.19, uit die rekordboeke gevee het.

Onder die seuns, is die drie beste prestasies deur Vaughn van Zyl (s.15), Handré vd Merwe (s.19) en Hannes Botha (s.19) gelewer. Vaughn se stewige 55,57m in skyfwerp, het aan hom 906 punte besorg. Handré wen die 400m hekkies in ‘n indrukwekkende 53.84 sek. en teken daarmee 895 punte aan. Hannes behaal ‘n persoonlike beste, toe hy die 800g-spies op ‘n baie goeie 63,39m (851 punte) laat grondvat. Nog ‘n atleet wat deur mnr. DP Badenhorst afgerig word, Connor Barnes van Witrivier, het met sy 67,15m (906 punte) getoon dat die Laeveld in hierdie item, oor twee atlete beskik wat die bestes by vanjaar se SA’s goed gaan skrikmaak!

Om tydens ‘n volle byeenkoms teen die krag van sterk stadskole soos Menlopark en Noordheuwel, ‘n eersteplek te behaal, is ‘n prestasie wat gewis van kennis geneem moet word! Baie geluk aan die Nellies wat dit kon vermag (ASA-punt bo 700 aangetoon):

Lian Antunes (s.14): 200m – 24.94; ook 400m – 56.36
Kian Mouton (s.17): 800m – 2:01.45; ook 1500m – 4:27.53 (718)
Ruben Vorster (s.17): 110m hekkies – 15.58 (746); ook 400m hekkies – 57.44 (728)
Vian Louw (s.14): gewigstoot – 13,19m (759); ook spiesgooi – 42,13m
Handré vd Merwe (s.19): 400m hekkies – 53.84 (895)
André Potgieter (s.19): 100m – 10.76 (784)
Nathan Duncan (s.16): 800m – 2:05.84
Marno du Plessis (s.16): 100m – 11.19 (756)
Marco Capazorio (s.19): 110m hekkies – 15.13 (796)
Philip Vogel (s.19): hoogspring – 1,80m
Tye Habib (s.14): verspring – 5,66m
Janco Small (s.15): verspring – 6,08m (745)
Marco Matthee (s.16): verspring – 6,30m (750)
Brent de Villiers (s.19): verspring – 5,65m
Joshua Devine (s.19): driesprong – 12,02m
Ruben Lorist (s.17): skyfwerp – 40,15m (727)
Vaughn van Zyl (s.15): skyfwerp – 55,57m (906)
Jacques Bouwer (s.15): spiesgooi – 47,90m
Hannes Botha (s.19): spiesgooi – 63,39m (851) (*klop opponente van Menlo en Noordheuwel)
Rhodé Nel (m.19): 100m – 12.13 (847); 200m – 25.06; en 400m – 57.01 (885)
Shanese de Clerck (m.17): verspring – 5,72m (826); ook hoogspring – 1,66m (800)
Ashley Erasmus (m.17): gewigstoot – 17,79m (1000); ook skyfwerp – 47,28m (1000)
Zanele Sehohle (m.19): 1500m – 4:52.93 (768): ook 3000m – 10:36.22 (861) *Skielik lyk Madri Wiid se wondertye van 2014, nie meer so ver buite bereik nie!
Lallie Grobler (m.19): 100m hekkies – 16.79 (719): ook 400m hekkies – 70.10 (784)
Zoë Cilliers (m.14): 100m – 12.59 (848)
Sheba Sithole (m.15): 1500m – 5:18.29
Simoné Lourens (m.14): 300m hekkies – 47.19 (843)
Rojandi Coetzee (m.14): hoogspring – 1,50m (700)
Zoë Scheepers (m.15): hoogspring – 1,40m
Chanté Jacobs (m.19): hoogspring – 1,25m
Leandi Hough (m.14): verspring – 4,81m
Zané Nel (m.14): gewigstoot – 12,19m (866)
Violet Taljard (m.15): spiesgooi – 34,25m (732)
Chané Strydom (m.17): spiesgooi – 37,78m (771
Jolanke van Zyl (m.19): spiesgooi – 38,14m (*vinnig op pad na Judith Terblanché se rekord van 40,70m!)

Nog uitstekende tye/afstande/hoogtes wat meer as 750 ASA-punte verdien het:
Marco Capazorio (s.19): 400m hekkies – 55.75 (813) *Hy het ook die 100m in 10.97 afgeblits
Kian Mouton (s.17): 400m – 52.38 (753)
Menzi Shiba (s.14): 100m hekkies – 14.51 (784)
Handré vd Merwe (s.19): 110m hekkies – 15.29 (783)
André Potgieter (s.19): 200m – 22.20 (769)
Jayden Enslin (s.14): 100m hekkies – 14.52 (783)
Ryno Meyer (s.17): gewigstoot – 13,96m (767)
Vaughn van Zyl (s.15): gewigstoot – 14,36m (809)
Ricardo Correia (s.19): gewigstoot – 13,76m (757)

Zoë Cilliers (m.14): 200m – 27.04 (804): ook hoogspring – 1,50m (700) en 400m – 63.61 (769)
Simoné Lourens (m.14): 400m – 61.92 (803); ook 90m hekkies – 14.43 (850)
Sheba Sithole (m.15): 800m – 2:22.71 (816)
Zané Potgieter (m.19): 400m hekkies – 72.37 (755) *Sy het ook die 100m in 12.99 genael
Hayley Cussons (m.15): 3000m – 11:55.51 (764, in die wedloop vir m.17)
La-Alizia Venter (m.19): gewigstoot – 11,92m (860, met die 4kg-gewig)
Zané Nel (m.14): skyfwerp – 34,34m (857)
Juané le Roux (m.15): skyfwerp – 33,00m (819)
Lourica vd Merwe (m.15): gewigstoot – 10,72m (790)
Christine Kruger (m.16): gewigstoot – 12,47m (849); ook skyfwerp – 34,72m (813)
Anja Venter (m.17): gewigstoot – 11,56m (801); ook skyfwerp – 33,72m (800)
Lallie Grobler (m.19): gewigstoot – 9,62m (758)

Nou is die Nellies waarlik in die pylvak, met spoed en krag op koers om interhoër 2022 ‘n atletiekfees soos min, te maak. Baie sterkte aan al die atlete en hul afrigters – en dankie vir die sportgenot wat julle reeds vanjaar opgedis het!

Foto’s: Handré Homann
Borg: Discovery