Finaliste bring die kleur na glansgeleentheid

Finaliste bring die kleur na glansgeleentheid

Met vanjaar se Mnr. en Mej. NHS was daar weereens nie ‘n tekort aan vermaak, glans en opwinding nie!
Twintig deelnemers én die Afrikaanse sangsensasie Appel het die gehoor se voete Donderdag 18 Augustus behoorlik laat jeuk!

Die beoordelaars Monique de Villiers, George du Toit, Jacques Lombard, Helgard Lourens en Lynmarie Griffioen het nie ‘n maklike taak gehad nie.
Die deelnemers het hul advertensies vir die hoofborg uiters kreatief uitgebeeld en dan ook nog spoggerig in formele drag gepronk!

Elke finalis se formele aanddrag is spesiaal deur Lynmarie Griffioen gemaak. Die kledingstukke het nie net die tema, wit-en-swart met ‘n titsel kleur uitgebeeld nie, maar ook so ‘n bietjie van elkeen se persoonlikheid.

Elke deelnemer het reeds voor die glansgeleentheid me. Kerry-Lee Wiehman se studio besoek waar daar kreatiewe foto’s van elkeen geneem is. Hulle het ook intussen borge gewerf, stemopnames en uitbeelding van reklame advertensies gedoen en geleer hoe om op die loopplank te loop.

Die paneel beoordelaars het punte gegee vir elke afdeling en hiervolgens is die wenners aangewys:

Mnr. en Mej. NHS: Zander Schoeman en Zoe Scheepers
1ste Prins en Prinses: Neelsie van Dyke en Ronel Basson
2de Prins en Prinses: Owen Steyn en Ashley Erasmus
Mnr. en Mej. Fotogenies: Ian Wood en Ané van Niehaus
Debutant van die jaar: Marco Smith

Die skool bedank graag die komitee onder leiding van me. Kriekie Bekker wat hard agter die skerms gewerskaf het om hierdie produksie op die planke te bring.

Baie dankie aan die volgende hoofborge wat hierdie geleentheid moontlik maak om aan te bied:
Harmonie Kunsmis
Volvo
Mugg & Bean Lower Sabie
Tamboti River Lodge
Re:Boot
BronPro
Landrover
The Satellite Co.
Chippo’s
Lebombo
Lebombo Border Dry Port

Ons deelnemers is mooi gemaak deur:
Salonique Nelspruit
Blush & Rose
Lynmarie Griffioen