23 Jan Finsbury-liga skop af met ‘n wen vir die Nellies
Op Saterdag, 20 Januarie het die o/15’s en die LVM White Tigers die Finsbury-liga afgeskop met ‘n oorwinning teen Hoërskool Centurion.
Die White Tigers het tuis gespeel en Hoërskool Centurion het die kolfbeurt geopen. Met uitstekende boulwerk deur Vaughn van Zyl is Centurion uitgehaal vir 118/10 na 26.4 beurte. Vaughn het 5 paaltjies vir 19 lopies in 17.4 beurte geneem. NHS het gaan kolf en die lopies het stadig maar seker op die telbord gekom. Nathan Duncan het ‘n knap 26 lopies van 49 balle geslaan, terwyl Rico Nel 25 lopies van 40 balle bygedra het. NHS wen met 5 paaltjies.
Die o/15’s het in Pretoria teen Centurion gespeel. Hoërskool Nelspruit het eerste aan die kolf gegaan en ‘n totaal van 207/8 na 50 beurte behaal. Luan Siebriets het skitterend gekolf en 70 lopies aangeteken. Centurion is uitgehaal vir ‘n telling van 54 lopies na 18 boulbeurte. NHS wen met 153 lopies.
Baie sterkte aan die twee spanne wat Vrydag en Saterdag teen Hoërskool Rustenburg en Hoërskool Potch Volkskool speel.