Glad gebekte Nellies in landsfinaal

Glad gebekte Nellies in landsfinaal

Drie NHS-redenaars het deurgedring na die gesogte nasionale finaal van die ATKV-Redenaars wat op 18 Augustus by Goudini-Spa uitgespook word.

Marné Pretorius in graad 8, Nina Prinsloo in graad 10 en Ronel Basson in graad 11 het tydens die Mpumalanga-uitdunne eerste in hul onderskeie afdelings gekom waarvan nét die twee bestes in elke afdeling deurdring na die finaal.

Wat hierdie dogters se prestasies uitsonderlik maak, is dat Marné met haar onderwerp Tem die angel in jou stem, taal en tong die ander graad 8 én 9 deelnemers in die junior voorbereide afdeling van die hele Mpumalanga die loef afgesteek het. Ronel het op haar beurt in die senior voorbereide afdeling met haar interessante onderwerp Inklusief is nie so kief soos bief nie haar teenwoordigheid duidelik gemaak en sodoende haar plek in die finaal verseker. Nina Prinsloo moes saam met graad 10’s tot 12’s  in die onvoorbereide afdeling haar standpunt oor Chat GBT in ‘n onvoorbereide toespraak verdedig. Ses van die top tien in hierdie senior onvoorbereide afdeling is uit Nellie geledere.  Mev. Frances van Niekerk is die trotse afrigter van hierdie hele groep leerders.

Ander Nellies het ook baie goed gevaar en onder die top 10 in Mpumalanga geëindig:

  • Junior Voorbereid: Hanri Coetzee (gr.9) vierde
  • Junior Onvoorbereid: Rossouw van Wyk (gr.8) vierde
  • Seniors Voorbereid: Ané Niehaus (gr.11) vierde Zoe Coetzee (gr.10) tiende
  • Seniors Afrikaans Addisionele taal Voorbereid: Arin Lameley (gr.11) derde
  • Seniors Onvoorbereid:
    Berno Venter (gr.12) vierde
    Bianca Knobel (gr.11) sesde
    Marelize van Niekerk (gr.11) sesde
    Neelsie van Dyk (gr.12) negende
    Rosemarie Oberholzer (gr.11) tiende

    Nina Prinsloo, Ronel Basson en Marné Pretorius.