30 Aug Glansgeleentheid – een om te onthou
NHS se jaarlikse Mnr. en Mej. NHS het Dinsdag 15 Augustus in die skoolsaal plaasgevind. Die bekende Afrikaanse sanger, Bok van Blerk het ook ‘n draai op die verhoog gemaak.
Die beoordelaars, Neil Venter, Charlien Lourens, Jacques Lombard, Cornelia Basson en Lynmarie Griffioen het die moeilike taak gehad om te besluit watter van die 20 deelnemers met die louere sou wegstap. Die deelnemers het weer die moeilike taak gehad om ‘n advertensie uit te beeld van hul borg en het ook die loopplank aangedurf in formele drag.
Nadat Mnr. en Mej. NHS van 2022, Zander Schoeman en Zoë Scheepers, hul finale draai op die loopplank gemaak het, het Bok van Blerk die volgende pryswenners aangekondig:
Mnr. en Mej. Persoonlikheid: Christiaan van Deventer en Amoré Gerber
Debutant van die jaar: Liemoni Joubert
Mnr. en Mej. Fotogenies: Jon Grobler en Demi Plath
Tweede prins en prinses: JV Breytenbach en Liemoni Joubert
Eerste prins en prinses: Liam Pringle en Lindré Steenkamp
Mnr. en Mej. NHS 2023: Luhan van Wyk en Leané Nel.
Vanjaar se kompetisie is in samewerking met Safari Outdoor aangebied.
Aandrokke: Lynmarie Griffioen Designer
Hare: Salonique Hair & Beauty Studio Nelspruit en Del Gracia
Grimering: Elsabé Steyn Styling Studio & Minet Holtzhausen
Floral Arrangements: Hartsblom Floral design
Borge:
Safari Outdoor
Alexforbes
Discovery Bank
ClemenGold
Ford Motor Company
Chery Mbombela
BUCO Nelspruit
Chicken Licken
Volvo – Nelspruit
Bateleur Estate Nelspruit
Malelane Stene
Foto’s: Jana Schlechter