
25 Oct Goeie blootstelling by interprovinsiale muurbaltoernooi
Muurbal Interprovinsiale toernooi 24-26 September 2021 – Parkview Johannesburg
Francois Vosloo het die o/16 Suid-Afrikaanse Plattelandse distrikte seunspan verteenwoordig, wat in die B-afdeling deelgeneem het. Harde muurbal is gespeel en die span het hulle goed van hulle taak gekwyt.
Jeané Henning het die o/16 Suid-Afrikaanse Plattelandse distrikte dogterspan verteenwoordig wat in die A-afdeling deelgeneem het. Sy het 5 uit 6 wedstryde gewen en die Suid-Afrikaanse Plattelandse distrikte span het ‘n algehele derde plek in die A-afdeling van die Interprovinsiale toernooi behaal.