26 Oct Goeie uitslae vir NHS-Krieketspanne
Hoërskool Nelspruit se eerstekrieketspan het Saterdag 23 Oktober teen Uplands in die Superliga gespeel. NHS het geopen met die kolfbeurt en het ‘n groottotaal van 312 na 48 beurte aangeteken. Ruben Botha het ‘n skitterende 109 lopies gemaak en Paul Harley 55. Uplands het gesukkel om lopies aan te teken met die uitstekende boulwerk van Nicholas Grobler en Michiel Eksteen. Grobler neem 3 paaltjies vir 24 lopies in 5 beurte en Eksteen 3 paaltjies vir 19 in 4 beurte. Hoërskool Nelspruit wen met 218 lopies. Hennie Homann het hierdie foto’s geneem tydens NHS se kolfbeurt.
Ander uitslae:
MPUMALANGA T20-LIGA:
Woensdag 20 Oktober 2021
1ste Span vs Lydenburg
Kolf 1ste: NHS 183/ 3 na 20 beurte.
Kolf 2de: Lydenburg 95/ 10 na 16 beurte.
Uitslag: NHS wen met 88 lopies.
SUPERLIGA:
Saterdag 23 Oktober 2021
o/15A-Span vs Uplands o/16A-Span
Kolf 1ste: Uplands 183/ 10 na 45 beurte.
Beste Bouler: Hugo Liversage 3 paaltjies vir 38 lopies in 10 beurte.
Kolf 2de: NHS 184/ 6 na 34 beurte.
Beste Kolwers: Kobus Steyn 56 lopies (Nie Uit Nie) en WJ Botha 53 lopies.
Uitslag: NHS wen met 6 paaltjies.
EHLANZENI 1ste Liga:
Saterdag 23 Oktober 2021
2de Span vs Lydenburg 1ste Span
Kolf 1ste: Lydenburg 187/ 10 na 38 beurte.
Beste Boulers: Jandré de Necker 3 paaltjies vir 36 lopies in 8 beurte. Luann Strauss 2 paaltjies vir 17 lopies in 5 beurte.
Kolf 2de: NHS 191/ 5 na 32.1 beurte.
Beste Kolwers: Xander Matthee 37 lopies (nie uit nie). Roejarco Coertze 36 lopies (nie uit nie).
Uitslag: NHS wen met 5 paaltjies.
Foto’s: Hennie Homann