Graad 7 Talentidentifiseringsnaweek

Graad 7 Talentidentifiseringsnaweek

Hoërskool Nelspruit het Vrydag 2 September bykans 300 graad 7’s van 18 verskillende laerskole by die skool verwelkom. Gedurende hierdie naweek word die algemene krag- en fiksheidsvlakke van hierdie leerders bepaal. Die afrigters neem hierdie data om die leemtes en sterkpunte van die groep te identifiseer.

Voornemende Nellies het ‘n voorsmakie gekry van NHS se sport en wat vir hulle wag in 2023. Mnr. DP Badenhorst (Sporthoof) het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om met die ouers te gesels oor die afskop van die 2023-seisoen. “U kan van NHS entoesiastiese, kundige afrigting verwag. Afrigers verwag dat leerders hulle beste sal gee en kliphard sal werk.”

Die seuns en dogters het aan verskillende fiksheidstoetse in die skool se gimnasium en op die sportveld deelgeneem. Daar was ook pret aktiwiteite aangebied en lekker geëet en kuier in die koshuise.

Op kultuurgebied was daar Vrydagaand oudisies vir die gesogte revue.  Die Redenaars-en Debatsvereniging het ook nie op hulle laat wag nie en het belangstellende graad 8’s teen mekaar laat debatteer op die Dink of Sink formaat.  Dit was beslis ‘n lusmakertjie vir 2023 se redenaars-en debatsjaar.

Ons sien uit om hierdie graad 7’s met hul hope talent deel te maak van Hoërskool Nelspruit in 2023.

Tags:
, ,