Graad 8’s bederf Themba-verpleegsters

Graad 8’s bederf Themba-verpleegsters

Volgens tradisie word daar jaarliks van die graad 8’s verwag om aan uitreikaksies deel te neem. Vanjaar se nuwelinge het weens die Covid-19 inperkings nie die geleentheid gekry om soos die vorige jare fisies uit te reik na ‘n paar instansies in die gemeenskap nie.

Die graadvoogde het toe met die blink plan vorendag gekom om vanjaar bederfpakkies aan Themba Hospitaal se verpleegsters te oorhandig as ‘n blykie van die skool se waardering vir hulle onverpoosde ywer tydens die Covid-19 pandemie.

Me.Riana Blom (graadorganiseerder) sê dat die graad 8-leerders en hul ouers met ope arms hierdie projek ondersteun het. Meer as 100 bederfpakkies is aan Themba se verpleegsters geskenk.  NHS bedank graag die ouers vir hul goeie gesindheid en donasies en wens Themba Hospitaal alle sterkte toe vir die jaar wat voorlê.

Hier is Lourica van der Merwe, Ruben Botha en Layyah Loock met die pakkies wat aan die hospitaal oorhandig is.