Groot 5-tennistoernooi ‘n hoogtepunt ondanks reën

Groot 5-tennistoernooi ‘n hoogtepunt ondanks reën

‘n Reënerige naweek in die Laeveld het vele sportbyeenkomste laat sneuwel, maar NHS se Groot 5-Tennistoernooi het voortgegaan. Die toernooi het Vrydag 17 Februarie afgeslaan en puik tennis is op die bane van NHS, Laerskool Nelspruit, Curro Nelspruit, Panorama (Matumi), Van Riebeeckpark en Nelspruit Primary gespeel.

Spel is vroeg onderbreek met geweldige reënbuie wat die toernooi-organiseerders genoodsaak het om die formaat van die rondtomtalie wedstryde te verander. Wedstryde is Saterdagoggend hervat, maar is later weer deur die reën onderbreek. Die afrigters en spelers het telkemaal gewag vir die bane om droog te word en het spel hervat wanneer dit moontlik was.

Menlopark en Paul Roos Gimnasium se seunspanne het eers Saterdagaand in die finaal teen mekaar te staan gekom.

Die toernooi is na afloop van hierdie finaal met ‘n prysuitdeling by NHS se tennisbane afgesluit.

Hierdie toernooi bied vir NHS se spelers en besoekers die geleentheid om die tennisjaar op ‘n hoë noot voor die ligawedstryde te begin.

Hier volg die naweek se uitslae:

Beste spangees

  • Afrikaans Hoër Seunskool

Beste sportmanskap:

  • Dogters: Leoni Weirich wisseltrofee – Hoërskool Stellenbosch
  • Seuns: Lendo Vomkel wisseltrofee – Hoërskool Monument
  • Individuele melding: Aletta Smit_AHMP, DW Venter_Boland Landbou, Inge Victor_Wilgerivier, JP Snyman_AHS, Bianca Alberts_AHMP, Jan-Harm Lessing_Paul Roos Gimnasium

Dogters:

  1. Hoërskool Nelspruit (tweede jaar agtereenvolgend)
  2. Hoërskool Waterkloof
  3. Hoërskool Stellenbosch
  4. Afrikaans Hoër Meisieskool
  5. Hoërskool Garsfontein
  6. Hoërskool Wilgerivier
  7. Hoërskool Nelspruit (2)
  8. Hoërskool Monument

Seuns:

  1. Paul Roos Gimnasium (2de jaar agtereenvolgend)
  2. Hoërskool Menlopark
  3. Gesamentlike 3de plek: Afrikaans Hoër Seunskool en Boland Landbouskool
  4. Hoërskool Garsfontein
  5. Hoërskool Waterkloof
  6. Hoërskool Monument
  7. Hoërskool Nelspruit
  8. Hoërskool Wilgerivier
  9. HTS Middelburg