Groot pryse om te wen!

Groot pryse om te wen!

Hoërskool Nelspruit se fondsinsamelingsprojek skop  af met die verkope van lootjiekaartjies. Die lootjiekaartjies verkoop teen R200 ‘n kaartjie en kan by leerders van die skool gekoop word.
Die gelukkige wenners kan een van die volgende pryse wen:
– ‘n Nuwe Renault Kiger ter waarde van R250 000
– ‘n Buffeljag ter waarde van R80 000
– R50 000 kontant
– ‘n Naweek vir twee by Elephant Plains Game Lodge in Hoedspruit ter waarde van R26 000
– Drie nagte vir twee mense by die Lost City Palace ter waarde van R15 000

Die lootjieverkope eindig 3 Mei 2023. Die trekkingsdatum vir die pryswenners vind op 13 Mei 2023 plaas.

* Die aanwending van die fondse gaan aangewend word om NHS se sonpanele te betaal en om ‘n herwinningstasie te bou vir die gemeenskap.