21 Apr Hoërskool Nelspruit gasheer vir Menlo Park in mededingende wintersport-naweek
Die naweek van 12 en 13 April het Hoërskool Nelspruit Menlo Park verwelkom vir ‘n reeks netbal-, hokkie- en rugbywedstryde. Alhoewel nie al die spanne kon seëvier nie, het die wedstryde uitstekende geleenthede gebied vir afrigters om leerders te help om hul vaardighede op te skerp en verbeteringe aan te bring voor die opkomende uitspele van die NWU-reeks. Daarna kan ondersteuners uitsien na die onderskeie sportsoorte se ligawedstryde wat in volle swang gaan afskop.
Uitslae:
Rugby
14A wen 17-12
14B wen 47-5
14C wen 7-5
15A verloor 10-45
15B verloor 12-35
15C verloor 10-14
16A verloor 12-13
16B wen 19-12
16C wen 20-10
3des Wolwe wen 26-17
2des Mambas wen 20-12
4des Bere wen 14-12
Rhinos verloor 14-31
Netbal
14A verloor 10-24
14B verloor 8-30
15A verloor 13-27
15B verloor 5-30
16A verloor 13-20
16B verloor 9-30
17A verloor 17-27
17B verloor 2-30
2des verloor 17-28
1stes verloor 11-38
Hokkie
Dogters
1stes verloor 0-7
16A verloor 0-5
15A verloor 0-8
14A verloor 2-4
2des verloor 0-1
16B verloor 0-1
15B verloor 0-3
14B verloor 0-2
Seuns
1stes verloor 0-4
16A verloor 0-1
14A wen 3-1
2des verloor 0-4
16B verloor 0-3
14B wen 2-0
‘n Spesiale woord van dank aan al die afrigters en organiseerders wat onvermoeid gewerk het, en ook aan die ondersteuners wat weer bankvas agter die Nellies gestaan het.
Foto’s: Roechanté van Heerden (Fotografieklub)