Hoërskool Nelspruit maak ‘n verskil met herwinningsprojek

Hoërskool Nelspruit maak ‘n verskil met herwinningsprojek

Me. Linda Spasimante het ‘n groot herwinningsdroom. Sy woeker al ‘n geruime tyd lank om ‘n herwinningsprojek by die skool op die been te bring. Einde 2021 het haar droom vlerke begin kry met ‘n plan om papier by die skool te herwin. Elke klaskamer het ‘n asblik gekry wat spesifiek vir die gebruikte papier is. Daar is ook vyf groot blou trollie-asblikke oral in die skool geplaas om gebruikte papier en karton in weg te gooi.

Hoërskool Nelspruit het reeds 3 465kg papier herwin! In totaal het die skool dan al 147 bome gered en sowat 8,65m² spasie op die vullishoop is gespaar. Herwinning help nie net om besoedeling te bestry nie, maar dra ook by tot die bewaring van natuurlike hulpbronne.

Me. Spasimante sê dat sy binnekort met plastiekherwinning wil begin. “Ons droom is om ’n deur-ry herwinningsstasie by die skool op te rig. Dan kan ouers hulle herwinbare items sonder enige moeite by die skool aflewer.”

Indien u graag wil betrokke raak by hierdie projek, kontak gerus vir me. Linda Spasimante by die skool.

Tags:
, ,