Hoërskool Nelspruit se eerste aanlyn-veiling ‘n groot sukses

Hoërskool Nelspruit se eerste aanlyn-veiling ‘n groot sukses

Suksesverhale gebeur nie toevallig nie. Dit verg noue samewerking en deeglike beplanning.  Hoërskool Nelspruit is geseënd met ‘n gemeenskap wat hierdie eis verstaan en hul samewerking in belang van die skool bied.
Die eerste aanlyn-veiling is op Woensdag, 24 Maart 2021 aangebied.  ‘n WhatsApp-groep is geskep en meer as 100 belangstellendes het vanuit die gerief van hul huise  aan die veiling deelgeneem.  Die bie-proses was eenvoudig: ‘n lot met ‘n reserweprys het op die Whatsapp-groep verskyn,  belangstellendes kon vir vier minute bie waarna die bod op die hoogste bieër toegeslaan is. Die algemene gees tussen die deelnemers was opgeruimd, maar die wedywering meedoënloos . “Twee van die deelnemers het deurentyd met mekaar die spot gedryf en dit het daartoe bygedra dat die bie-proses met tye erg kompeterend geraak het”, sê me. Elsabé Steyn, organiseerder van die geleentheid.

Altesaam 15 lotte is opgeveil en ‘n stewige R86 855 is ten bate van Hoërskool Nelspruit ingesamel.

NHS bedank graag in besonder vir mnr. Johan Breytenbach wat ‘n groot aandeel in die organisering van hierdie eerste aanlyn-fondsinsamelingsgeleentheid gehad het.
Verder bedank ons die volgende borge vir die besonderse pryse wat geskenk is:
Rooikat Groothandel Drankwinkel
Pronto Computers
Rhino Hills Slaghuis
Rooibaard
Henry De Pradines
Highland Gate Ferox Creek Dullstroom
Eye-Contact Optometris
Kwanyoni Lodge
Arathusa Safari Lodge – Sabi Sand
Riaan  Venter
Matumi Golf Lodge
Lymph Therapy by Karen
Fairstreams Gastehuis – Dullstroom
Erika Botha
Cornel van der Merwe
Tears of the Sun Charcoal
Paradors Game Ranch
Marius Goddefrey
Cussonia Private Game Ranch
Nkomazi Kruger Park Lodge

Dankie aan hierdie deelnemers wat die lotte gekoop het:
Lot 1 – Zirk Spruyt
Lot 2 – Jacques Botes
Lot 3 – Biathon Paving
Lot 4 – Cornel van der Merwe
Lot 5 – Zirk Spruyt
Lot 6 – Biathon Paving
Lot 7 – Zirk Spruyt
Lot 8 – Jacques Malan
Lot 9 – Cornel van der Merwe
Lot 10 – Nelspruit Engineering and Mining Services
Lot 11 – Wimpie Bezuidenhout
Lot 12 – Biathon Paving
Lot 13 – Kallie van Staden
Lot 14 – Nelspruit Engineering and Mining Servies

Lot 15 – Simoné Lemmer
Wees op die uitkyk vir die volgende geleentheid wat beloof om nóg meer opwinding te bied.

Hier is me. Elsabé Steyn en mnr. Johan Breytenbach.