Hokkie-bokkies fokus nou op Noordvaaltoernooi

Hokkie-bokkies fokus nou op Noordvaaltoernooi

Die afgelope naweek het die hokkie-bokkies deelgeneem aan die Mpumalanga-uitspele. Die o/14’s het met twee wedstryde gelykop geëindig en die uitslag is bepaal met “8-second penalty”. Hulle verloor naelskraap teen MHS en speel nou vir ‘n derde/vierde plek die 22ste Julie. Ongelukkig het die o/15’s verloor teen Ermelo en ook teen MHS met “8-second penalty”.

Die o/16’s het plaaslik gespeel by CURRO en Penryn. Die White Sticks het geen doele aangeteken in die eerste wedstryd maar klop Hoogenhout met 2-1. Hulle verloor in ‘n baie tawwe wedstryd teen Middelburg in die kwartfinaal.

Die eerstespan het baie goed gedoen in die uitspeel wedstryde maar kon nie daarin slaag om die semi-finaal teen Middelburg te wen nie. Hulle speel ook vir ‘n derde/vierde plek die 22ste Julie.

Spanne wat deurgedring het om deel te neem aan die Noordvaaltoernooi wat vanaf 9-12 Augustus in Pretoria plaasvind gaan nou baie hard oefen.

Sien hier die volledige uitslae:
o/14 Baby Sticks
Wen Volksrust 1-0
Gelykop teen Ermelo 0-0

Kwart-finaal
0-0 teen Secunda (wen met ‘8 second penalty’)

Semi-finaal
3-3 teen MHS (verloor met ‘8 second penalty’)
Speel vir 3/4 die 22ste Julie

o/15 Green Sticks
Verloor teen Ermelo 1-6

Kwart-finaal
Verloor 1-2 teen HTS Middelburg
Wen met ‘8 second penalty’ teen Ligbron
(Eindig 5-6)

o/16 White Sticks
Gelykop teen CURRO Nelspruit 1-1
Verloor teen Hoogenhout 2-1

Kwart-finaal
Verloor 0-2 teen Middleburg
Wen 4-0 teen Ferrum
(Eindig 5-6)

1stes Blacksticks
Wen teen Hertzorg 1-0
Wen teen HTS Witbank 2-0

Kwartfinaal
Wen Ligbron 2-0

Semi-finaal
Verloor teen Middelburg 1-2
Speel vir 3/4 die 22 Julie