Hope aksie tydens die Westvaal T20-kriekettoernooi

Hope aksie tydens die Westvaal T20-kriekettoernooi

Die senior krieketspelers het Maandag, 1 Maart die pas aangegee vir die eerste T20 interne kriekettoernooi.

Ondanks ‘n groot reënbui wat uitgesak het, het die spelers vir baie aksie gesorg. Die Peugeot Pirates se Jean Burger het 40 lopies van slegs 22 balle aangeteken. Alhoewel die aantal beurte verkort is, het die Pirates ‘n groottotaal van 111/3 op die telbord geplaas. Die aanvangsbouler, Ruvan Joubert, het vier paaltjies vir slegs 15 lopies in 3 beurte geneem.  Die Citroën Cyclones kon net 48/5 aanteken wat volgens die D/L net nie genoeg was nie en die Pirates wen met 48 lopies.

Op hul beurt het die juniors Dinsdag, 2 Maart teen mekaar te staan gekom. Die Opel Oryx-span het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Die openingsboulers het groot amok gemaak en het die kolwers in die eerste paar beurte op die agtervoet betrap. Gelukkig vir die Impi’s het Nathan Duncan ‘n skitterende beurt met die kolf gehad en het 41 lopies nie uit gemaak. Die Impi’s is almal vir 117 lopies uitgehaal. Alhoewel die Impi’s hierdie telling tot diep in die 19de beurt verdedig het en met Johan Feuth se goeie boulspel waar hy 3 paaltjies platgetrek het vir 14 lopies in net 3 beurte, het die Oryx-span vasgebyt en die wenlopies in die laaste beurt aangeteken. Oryx wen met 3 paaltjies en voeg wenpunte op die tabel.

DigiTV het albei hierdie wedstryde regstreeks uitgesaai. Hoogtepunte van die wedstryd is op NellieTV beskikbaar.

Die puntetabel se huidige stand:
Citroën Cyclones: 2 punte
Isuzu Impi’s: 3 punte
Opel Oryx: 10 punte
Peugeot Pirates: 11 punte

Hier is ‘n paar foto’s wat geneem is tydens die senior wedstryd.

Hier is ‘n paar foto’s wat geneem is tydens die junior wedstryd.