Huis Maré vier vrouwees

Huis Maré vier vrouwees

Die dames met finesse het Dinsdagaand hul mooiste rokkies aangetrek vir ‘n spesiale geleentheid. Weens Covid-19 is die Huis Maré prysuitdelingsfunksie van die vorige jaar nie aangebied nie en is daar besluit om hierdie jaar ‘n spesiale verwelkomingsfunksie aan te bied om nie net die presteerders van 2020 te vereer nie, maar ook om vrouwees te vier.

Juffrou Elize Stidworthy het die program vir die aand saamgestel wat ook ‘n spesiale vertoning van Joshua na die reën ingesluit het. Jacques of Joshua na die reën soos wat hy bekendstaan het die meisies betower met treffers soos Vir Altyd en Lig op die Horison.

Hier is die lys van presteerders:
Akademiese prestasies 2020
Graad 8: Melize Lindeque
Graad 9: Danielle Bothma
Graad 10: Katrien Hiemstra
Graad 11: Lanika Leuvennink
Graad 12: Milda van Dyk

Dame met Finesse
Lize Louw

Koshuisvadertoekenning
Chrisna Loubser

Graad 8 van die jaar
Melize Lindeque

Graad 12 van die jaar
Anica Roos

“Mag dit met julle goed gaan in hierdie jaar. Moeilik, sleg, lekker of goed, mag dit iets in jou karakter bou wat vir lank sal hou.” En met dié woorde het die gaskunstenaar die spesiale geleentheid afgesluit.