Interhuis 2020 sorg vir groot opwinding!

Interhuis 2020 sorg vir groot opwinding!

Die jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms is tradisioneel, wat deelnemende getalle betref, die grootste sportgebeurtenis op enige skool se jaarkalender. By NHS beteken dit ook dat verskeie SA-atlete, asook tientalle interhoërkampioene, mekaar die stryd aansê. Vanjaar se BUCO-interhuis het gewis vir geen ander jaar se byeenkoms, teruggestaan nie! Die feit dat bykans 80 atlete die vorige week se oefenkamp
bygewoon het, het gewis tot die hoë peil wat gehandhaaf is, bygedra.
Die Atheners (1410.5) het vanjaar die botoon gevoer, deur gemaklik met die Spartane (1192) en Trojane (1047.5) af te reken. Die gesogte geesbeker het weer eens die stembande oortyd laat werk, en die spangees het deurentyd van opgewonde mededinging en suiwer Nellie-plesier getuig.
Uiteindelik is die Atheners as die 2020-wenners op die pawiljoen, aangekondig, met die Spartane in die tweedeplek. Puik prestasies is gelewer, wat duidelik geïllustreer word deur die indrukwekkende vertonings waaarvoor vanjaar se individuele trofee-wenners, verantwoordelik was. Wat die velditems betref, gaan die trofee vir seuns, aan verlede jaar se SA-spiesgooikampioen vir seuns 17, Zander van der Merwe. Zander het die item vir seuns 19 (met die swaarder 800g-spies) met ‘n skitterende gooi van 67,58m ingepalm. Onder die
meisies, was dit weer Ashley Erasmus wat vroeg-vroeg in die nuwe seisoen, met ‘n puik 43,38m, die Nellie-rekord in skyfwerp, m.15 laat spat het. Op die baan, het Marco Capazorio hom nie deur die hoër hekkies vir seuns 16 laat intimideer nie, toe hy sy eerste 110m-item van die jaar, in ‘n baie belowende 14.79 sek. afgeblits het. Rhodé Nel (m.17) is as beste meisie in baanitems aangewys, nadat sy Suzaan Nel se Nellie-rekord van 12.25sek. in die 100m, geëwenaar het.
Vanjaar se beste atlete in elke ouderdomsgroep (Victor en Victrix Ludorum, meeste punte vir die span, gebaseer op beste vier items, ABSA-punte bymekaar getel) is soos volg:
Seuns 14: Callum van Staden Meisies 14: Tanya Pieterse
Seuns 15: Charles Nel Meisies 15: Shanese de Clerck
Seuns 16: Marco Capazorio Meisies 16: La-Alizia Venter
Seuns 17: Dawie van Heerden Meisies 17: Rhodé Nel
Seuns 19: Douw Kruger Meisies 19: Tayla Kotzee
Die 23 individuele prestasies bo 800 ABSA-punte, is genoegsame bewys dat daar tereg na ‘n blink seisoen vir NHS-atletiek uitgesien kan word. Baie geluk aan hierdie pragtige uitsoekgroep atlete!
Seuns: Zander vd Merwe (s.19): spiesgooi – 67,58m (969 punte)
Marco Capazorio (s.16): 110m hekkies – 14.79 (896); ook 400m hekkies – 57.38 (818)
Ruan Pretorius (s.15): hoogspring – 1,70m (864)
Handré vd Merwe (s.16): 200m – 23.59 (852)
Hannes Botha (s.16): spiesgooi – 55,12m (844)
Douw Kruger (s.19): gewigstoot – 16,13m (839)
Marco Matthee (s.14): verspring – 5,14m (838)
Charles Nel (s.15): 100m – 11.68 (828)
Wikus van Biljon (s.16): 200m – 23.91 (817)
Frederik Nel (s.17): gewigstoot – 15,03m (812)
Marvin Mthetwa (s.19): driesprong – 13,84m (803)
Meisies: Ashley Erasmus (m.15): skyfwerp – 43,38m (1200); ook gewigstoot – 13,82m (1054)
Anja Venter (m.15): skyfwerp – 35,58m (970); ook gewigstoot – 11,64m (837)
Shanese de Clerck (m.15): hoogspring – 1,60m (956); ook verspring – 5,05m (873)
Rhodé Nel (m.17): 100m – 12.25 (867); en 200m – 25.50 (852)
Danielle Groenewald (m.15): hoogspring – 1,45m (812)
Belene Delport (m.14): hoogspring – 1,40m (806)
La-Alizia Venter (m.16): gewigstoot – 11,53m (806)
Nog ‘n klompie uitslae, wat die atletiek-entoesiaste opgewonde oor die komende byeenkomste sal maak, is onder andere:
Telieze Coetzee (m.14): gewigstoot – 10,22m
Tanya Pieterse (m.14): 100m – 13.52; 200m – 28.70; 400m – 63.25; en 300m hekkies – 49.97
Siya Samba (m.14): hoogspring – 1,35m
Shanese de Clerck (m.15): 100m – 13.36
Arili Boshoff (m.15): 100m – 13.65
Kristen Berry (m.15): 800m – 2:34.69
Chanel Hope (m.15): hoogspring – 1,40m
Livy Owen (m.15): verspring – 4,62m
Lize Oosthuizen (m.15): spiesgooi – 32,12m
Liané Fouché (m.15): spiesgooi – 26,73m
Larise Combrink (m.16): 100m – 12.91; ook 200m – 27.22
Suné du Preez (m.16): hoogspring – 1,40m
Larissa Grobler (m.16): gewigstoot – 10,19m
La-Alizia Venter (m.16): skyfwerp – 26,27m
Jolanke van Zyl (m.16): spiesgooi – 31,27m
Sylvia Barnard (m.16): spiesgooi – 29,47m
Nicci Viljoen (m.17): 100m – 12.63; 200m – 26.53; en 100m hekkies – 15.16
Lané Taljaard (m.17): hoogspring – 1,45m
Inge Meyer (m.17): verspring – 4,78m; ook driesprong – 9,86m
Shana Scott (m.17): gewigstoot – 11,78m; skyfwerp – 32,67m; en spiesgooi – 36,32m
Amoné de Beer (m.17): spiesgooi – 31,61m
Suzaan Nel (m.19): 100m – 13.31
Chantel Olivier (m.19): hoogspring – 1,45m
Nathan Duncan (s.14): 800m – 2:16.53; ook verspring – 4,94m
Callum van Staden (s.14): 100m hekkies – 15.60
Marco Matthee (s.14): hoogspring – 1,50m
Ian Wood (s.14): skyfwerp – 33,39m; ook spiesgooi – 38,81m
Charles Nel (s.15): 200m – 24.38; ook 300m hekkies – 42.96
Karl Erichson (s.15): hoogspring – 1,60m; skyfwerp – 39,45m; en spiesgooi – 45,16m
Ruben Vorster (s.15): 100m hekkies – 14.87; ook verspring – 5,46m
Kian Mouton (s.15): 1500m – 4:38.50
Tertius Breytenbach (s.15): verspring – 5,45m; en gewigstoot – 12,58m
Heino Meiring (s.15): spiesgooi – 43,53m
Marco Capazorio (s.16): 100m – 11.58
Handré vd Merwe (s.16): 100m – 11.69; ook spiesgooi – 46,47m
André Potgieter (s.16): 100m – 11.81; ook 200m – 24.19
Drikus Greeff (s.16): 100m – 11.94; ook 200m – 24.43
Andreas Fouché (s.16): gewigstoot – 12,36m
Wikus van Biljon (s.16): 400m – 53.44
Janes Swanepoel (s.17): gewigstoot – 13,88m
Werner Geldenhuys (s.17); gewigstoot – 13,53m
Quinn van Zyl (s.17): gewigstoot – 13,33m
Hendrik Dreyer (s.17): spiesgooi – 47,71m
Lourens Potgieter (s.19): 100m – 11.25; ook 200m – 23.38
Nico Liversage (s.19): 100m – 11.37; ook 400m hekkies – 57.31
Marvin Mthetwa (s.19): 110m hekkies – 15.25; ook verspring – 6,53m
Henko de Neysschen (s.19): 400m hekkies – 57.37
Coben Putter (s.19): skyfwerp – 36,92m
Douw Kruger (s.19): skyfwerp – 48,63m; verspring – 6,10m; en driesprong – 13,08m
Baie sterkte aan al ons atlete en afrigters vir die jaarlikse tuisbyeenkoms, wat Saterdag 25 Januarie aangebied sal word. NHS meet kragte met Affies (Pretoria), Ben Vorster (Tzaneen) en Rob Ferreira (Witrivier). ‘n Fees van skole-atletiek word in die vooruitsig gestel!