18 Jul Is jy reg vir Uitdaging #3?
Die sportburo het hierdie week sportspesifieke oefenprogramme saamgestel vir die Nellies. Hierdie oefeninge bied vir elke Nellie die kans om vaardighede in ‘n spesifieke sportsoorte te beoefen. Net soos die vorige twee weke is daar ook ‘n uitdaging vir elke aktiwiteit gestel. Leerders word aangemoedig om die inligting op googleclassroom te kry en hierdie naweek deel te neem.
Hierdie is individuele uitdagings en toets basiese vaardighede. As jy onseker is oor die oefeninge kontak asseblief jou afrigter.
Vir die entoesiastiese stappers en drawwers is daar ook weer ‘n uitdaging. Hierdie naweek is dit jy, jou gekose afstand en die stophorlosie in kompetisie teen mekaar. Wie gaan die baas wees: jy, die afstand of die stophorlosie?
Klik hier om meer inligting te kry: https://docs.google.com/document/d/1JylIqZ40bIOumOVIKPfX6sP-VqHhvrasSFT3imQjDww/edit?usp=sharing