Juniors wen die Menlo Mixit tennistoernooi

Juniors wen die Menlo Mixit tennistoernooi

NHS se tennisspanne het van 1 tot 4 Maart hul vaardighede gewys by die Menlo Mixit toernooi wat by Sun City plaasgevind het. Die kompetisie was sterk, maar ons spanne het uitstekend gespeel.

Die seniors het ‘n welverdiende derde plek behaal. Hier volg die wedstryduitslae:
Wen teen Menlo 2
Verloor teen Potch Gimnasium
Wen teen Midstream
Verloor teen Menlo 1

Juniors
Wen teen Midstream
Wen teen Potchefstroom Gimnasium
Wen teen Menlo 1

Die hoogtepunt van hul deelname was die finale teen Menlo 1. Dit was ‘n spanning-gelaaide finaal, maar die juniors het onverskrokke gespeel en die oorwinning met ‘n telling van 14-11 behaal. Hierdie prestasie is ‘n bewys van die harde werk en toewyding van elke speler in die span.

Die Menlo Mixit tennistoernooi was ‘n ervaring vol hoogtepunte vir al die spelers. Die skool is trots op die sukses van beide die seniors en juniors, en ons sien nou uit na die NWU tennistoernooi wat vanaf 7-10 April in Pretoria plaasvind.