Kompeterende krieket by Noord-Suid toernooi

Kompeterende krieket by Noord-Suid toernooi

Hoërskool Nelspruit se T20-krieketspan het van 13-16 Oktober aan die T20 Noord-Suid Toernooi te Pretoria deelgeneem. Hierdie toernooi bied spelers van die Laeveld die geleentheid om teen die beste spanne vanuit die noorde en suide te speel.

NHS het in die D-afdeling teen Rondebosch, Menlopark, St. Andrews Grahamstown en St Andrews Bloemfontein gespeel. Na afloop van hierdie vier wedstryde het die Nellies vir die 9de tot 16de posisies uitgespeel. NHS het teen Northwood en St Andrews Greytown gespeel en eindig algeheel 14de by die toernooi.

Mnr. Morné van der Merwe (afrigter) sê dat hierdie toernooi baie goeie blootstelling vir die junior spelers gebied het. “Daar is nou baie harde werk wat vir die spelers voorlê vir die res van die krieketseisoen.” Baie geluk aan Michiel Eksteen wat een van die spelers is wat die meeste lopies aangeteken het tydens hierdie toernooi. Hy het in hierdie ses wedstryde 228 lopies van net 138 balle aangeteken. Dit gee vir hom ‘n kolfgemiddeld van 38.

Hier volg die wedstryd uitslae:
NHS vs Rondebosch
Nelspruit teken 128/6 na 20 boulbeurte aan.
Rondebosch steek hierdie telling verby in die 15de beurt vir die verlies van net twee paaltjies.
Nathan Duncan maak 34 lopies van 39 balle.

NHS vs Menlopark
Menlopark teken 235/4 in die 20 beurte.
Nelspruit maak net 118/10 en verloor met 117 lopies.
Michiel Eksteen het 37 lopies van 34 balle aangeteken.

NHS vs St Andrews Grahamstown
St Andrews kolf eerste en teken 184 lopies vir 6 paaltjies aan.
Nelspruit wen met 6 paaltjies D/L.
Hannes Feuth neem 4 paaltjies in 3 beurte vir 17 lopies.
Brendan Boucher teken 44 lopies aan vir net 24 lopies.

NHS vs St Andrews Bloem
St Andrews maak 209/5
Nelspruit kom net kort en verloor met 28 lopies.
Die beste bouler was Luke Poisson met 4 paaltjies in 2 beurte vir net 22 lopies.
Michiel Eksteen maak 92 lopies van 60 balle.

NHS vs Northwood
Northwood teken 155 vir 4 aan in die 20 beurte.
NHS neem die telling verby in die 19de beurt en wen met 6 paaltjies.
Die beste bouler is Luke Poison met 4 paaltjies in 2 beurte vir net 18 lopies.
Die beste kolwer is Michiel Eksteen 49 lopies van 39 balle.

NHS vs St Andrews Grahamstown
St Andrews teken 227/2 na 20 beurte aan.
Nelspruit kan net 115 lopies maak en verloor met 112 lopies.
Braam Basson slaan 40 lopies van 29 balle.