15 Jul Koshuisleerders pas aan by veranderinge
Posted at 12:37h
in Algemeen
In samewerking met al die rolspelers in Huis Hermann Davin en Huis Maré is alles moontlik gedoen om die koshuise ‘n Covid-vrye gebied te maak en so te hou. Verskeie prosedures en die korrekte protokol is in plek gestel om die leerders en personeel veilig en gesond te hou. Voor die ontvangs van die gr.12-koshuisleerders is die koshuise deeglik gesaniteer.
Die nuwe normaal van maskers dra, sosiale distansiëring en sanitering van hande is vinnig aangeleer. Mnr. Bertus Steyn, Huis Maré se koshuisvader, sê dat die dogters baie goed aanpas by al die veranderinge en dat hulle baie ernstig is om mekaar gesond te hou.